Die blomtema kraai deesdae koning wanneer dit by troues en verlowingsfoto’s kom. Hier is ’n bietjie inspirasie vir as jy hierdie styl oorweeg.
Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:
Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.
Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
———————————————————————————————————————————
Charlie en Jodie het mekaar deur vriende ontmoet en hulle liefde het stil-stil begin blom… daarom was hierdie blomtema die ideale manier om hulle verhouding te simboliseer. Ons het met die paartjie en Dominique van Hello Love Photography gesels oor die inspirasie agter hierdie pragtige fotosessie.
DIE PAARTJIE SÊ…
HOEKOM HET JULLE BESLUIT OM HIERDIE FOTOSESSIE MET DIE BLOMTEMA TE DOEN?
“Ons is albei redelik kamerasku en het gemeen dat ’n verlowingsfotosessie, voor die groot dag, sou help om ons senuwees ’n bietjie te laat bedaar. Nadat ons Dominique se vorige werk gesien het, het ons besluit om van haar gebruik te maak.”
BESKRYF JULLE PERFEKTE TROUDAG?
“’n Pragtige, sonnige dag met ’n plaastema, omring deur die mense wat vir ons lief is, goeie kos en mooi musiek.”
DIE FOTOGRAAF SÊ…
WAT WAS DIE TEMA VAN DIE FOTOSESSIE?
“Ons het op ’n blomtema, met ’n somersgevoel, besluit omdat Charlie en Jodie in die hartjie van die winter gaan trou. Op hierdie manier kon hulle beide seisoene deel maak van hulle mooiste dag.”
HOEKOM HET JY HIERDIE SESSIE, MET DIE BLOMTEMA, SO BAIE GENIET?
“Die paartjie is vreeslik verlief. Jodie het ’n spesiale laggie wanneer sy na Charlie kyk en dit is werklik iets besonders om te ervaar. Ek het die tyd saam met hulle baie geniet en sien uit na die troue.”
WATTER RAAD HET JY VIR PAARTJIES WAT ’N TROUFOTOGRAAF SOEK?
“Doen jou huiswerk. Troues is nie goedkoop nie, maar wanneer dit by foto’s kom kry jy beslis waarvoor jy betaal. So moenie dat die prys jou enigste oorweging wees nie. Kyk na ’n volledige troue, wat deur die fotograaf afgeneem is, aangesien dit jou ’n idee sal gee van sy / haar styl en redigeervermoë. Moet ook nie bang wees om uit te vra oor ervaring nie.”
Hierdie sessie, met sy blomtema, was vir ons pragtig en ons is mal oor…
* Die pragtige rok met blommotief, van Silver Swallow Design, wat die blomtema so mooi komplementeer en jou laat voel asof jy in ’n somertuin is. Dis ook sag en baie vroulik.
* Die blompatroon-skryfbehoeftes wat so mooi inskakel by die blomtema.
* Die rivier, wat as agtergrond gebruik is, om die rustigheid van die paartjie na vore te bring.
As jy graag ‘n soortgelyke fotosessie vir jou en jou verloofde wil reël, kontak gerus vir Dominique van Hello Love Photography.
DIENSVERSKAFFERS
Foto’s: Hello Love Photography
Rok: Silver Swallow Design
Vir nog oulike idees en inspirasie, volg ons op Pinterest en Instagram.