blomtendense_1
Blomtendense kan vir jou ’n goeie aanduiding gee van watter kleure en temas gewild gaan wees wanneer jy trou. ICT Flower Designs verklap wat ons na hul mening kan verwag in die wêreld van troublomme.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Blomme rond die prentjie perfek af op jou troudag. Daarom is dit belangrik om die blomtendense fyn dop te hou, sodat jy die perfekte blomme en kleure kies vir jou spesiale dag. ICT Flower Designs spesialiseer in blomme en is altyd op hoogte van die nuutste blomtendense. Isabel Thomys verklap wat in 2017 gaan koningkraai op troutafels regoor die wêreld.

WATTER BLOMTENDENSE KAN ONS TE WAGTE WEES IN 2017?
“Een van die nuutste blomtendense, wat in 2017 baie gewild gaan wees, is bont, helderkleurige blomrangskikkings. Ons praat hier van ’n reënboog van kleure – wat alles insluit van helderpienk tot groen, pers, geel en blou.”

WATTER BLOMME PAS BY HIERDIE BLOMTENDENSE?
“Die volgende blomme sal perfek pas by die nuutste neiging:
* Groot, oop rose in helderpienk, rooi en geel;
* Heldergroen en -geel krisante;
* Rooi poppies, pienk en pers Lizianthus en ook pronkertjies (wat heerlik ruik);
* Pers en blou Orgideë; en
* Rooi en geel Gerberas.
Rangskik die bogenoemde blomme saam met baie bloekomtakke vir ’n moderne effek.”

blomtendense_3

blomtendense

 

BY WATTER STYL EN TEMA GAAN HIERDIE BLOMTENDENSE DIE BESTE PAS?
“Die kleurkobinasie en styl gaan die beste vertoon in groot, los ruikers op antieke houttafels, wat onder skaduryke bome gedek is.”

WATTER TIPE BLOMHOUERS GAAN IN 2017 KONING KRAAI?
“Interessante houers is baie gewild, soos byvoorbeeld konfytflesse, antieke blikke, hout houers, houtstompe, antieke teepotte en kristalhouers.”

WATTER BLOMME IS ALTYD GEWILD EN BESKIKBAAR?
“Krismisrose, Proteas, Fynbos, Rose, Lizianthus, Asters en Vetplante.”

HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE VIR WANNEER HULLE MOET BLOMME KIES VIR HULLE MOOISTE DAG?
“Probeer om altyd een of meer tipe blomme in jou rangskikkings en handruikers te gebruik wat lekker ruik. Dit sal help dat jy altyd terugdink aan jou troudag wanneer jy daardie blom ruik.”

Vir meer inligting oor die perfekte blomme vir jou spesiale dag en die nuutste blomtendense, besoek ICT Flower Designs se webblad of volg hulle op Facebook.

Maak seker dat jy die nuutste blomtendense in jou trourangskikkings gebruik en dat jou mooiste dag ’n lushof van geur en kleur is in 2017!

Foto’s: Green Union, Yves Chenier

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA