Boheemse troutemas is altyd gewild en kan ’n pragtige atmosfeer skep op julle troudag. Hier is ’n bietjie inspirasie.
Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:
Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.
Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
———————————————————————————————————————————
Troues met boheemse temas (Boho) is ’n prettige manier om helder kleure en die mooiste natuurelemente deel te maak van jou mooiste dag se dekor. Dit is ook die ideale styl as jy in die winter trou, maar steeds die kleurvolle genot van die somer wil innooi.
Velani Venter Photography het hierdie pragtige boheemse gestileerde sessie met ons gedeel en verklap wat die idee daaragter was.
WATTER TIPE GEVOEL WOU JULLE MET HIERDIE BOHEEMSE SESSIE SKEP?
“Ons wou vir bruide wys dat die winter net so kleurvol kan wees soos die somer. Net omdat dit koud is buite, beteken dit nie dat ons nie warmte kan skep met die regte kleure en elemente nie.”
WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN DIE BOHEEMSE GESTILEERDE SESSIE?
“Vars, warm, kleurvolle kleure om ’n koue wintersdag op te helder. Die palet het rooi, pers en groen ingesluit. Ons het sagte skakerings gekies om in te smelt by die boheemse tema.”
HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE TEMA BESLUIT?
“Boheemse troues is altyd in die mode onder moderne bruide. Dit komplementeer ook die selfdoen-aspek van hedendaagse troues, omdat alles vir hierdie sessie slegs ure voor die tyd geskep is.”
WATTER SELFDOEN-PROJEKTE WAS DEEL VAN HIERDIE BOHEEMSE SESSIE?
“Geen boheemse sessie is volledig sonder blomkrone nie! Dit is ’n lieflike manier om jou hare op te vrolik en maklik om te maak – gaan kyk hierdie video om te sien hoe.”
As jy graag ’n boheemse blommetema vir jou troue wil hê, moenie huiwer om jou gedagtes te laat gaan en jou droom vlerke te gee nie!
DIENSVERSKAFFERS
Stilering en dekor: Mintage Decor
Blomme: House 34 Flowers
Troukoek: Sublime Cakes
Foto’s: Velani Venter Photography
Trourok: Verlief
Hare en grimering: Marchel Kruger