Die bruidstafel is geneig om laaste op die lys te wees wanneer dekor beplan word. Daar is soveel maniere om jou bruidstafel te laat uitstaan, aangesien dit immers dié belangrikste tafel is by jou troue.

Die algemene dekor vir die bruidstafel skakel gewoonlik in by die van die gastetafels. Daarom skeep bruide soms die hooftafel af, want daar word meer gekonsentreer op die gaste se tafels wat die “groter prentjie” skep. Tog is jou bruidstafel, die tafel waarna jou gaste die hele aand gaan kyk en dis waar dié belangrikste mense van die aand sit.

Die bruidstafel hoef nie noodwendig net versier te word met dekor bo-op die tafel nie, maar daar is talle ander maniere om die spesiale tafel daai “WOW”-faktor te gee.
PRENTJIEMOOI AGTERGROND
Skep ’n fokuspunt met die agtergrond van die bruidstafel.
Drapering: Daar is verskeie moderne maniere om deesdae drapering te hang. Gebruik altyd wit of room as jou basiskleur en komplementeer dit met ’n skakering van jou troue se kleure. Indien jy sukkel om kleurdrapering te huur, maak gebruik van kleurbeligting, wat van die grond af op skyn teen die drapering. Maak gewone drapeerpanele interessant deur verskillende groottes rame of verskillende groottes en vorms of style spieëls agter die bruidstafel te hang.
Strukture: Gebruik strukture soos verskillende vorms rakke, moderne vorms op die oomblik is geometriese vorms soos die seshoek en driehoek. Hang ligte vanuit die bo-kant van die rakkie en drapeer met blomme. Maak ook gebruik van boekrakke en plaas ou fotorame met foto’s van oumas, oupas, en ouers. Jy kan ook kerse, blomme, potte en selfs spieëls daarin sit.
Blomme of duisende skoenlappers: ’n Agtergrond van dig vertoonde vars blomme sal altyd mense se asems weg slaan. Alhoewel dit altyd die mooiste mooi sal wees, kan hierdie projek ’n baie klein fortuin kos. Daarom kan mens alternatief gebruik maak van wit papierblomme. Skyn ’n kleur lig van onder na bo teen die wit papierblomme of sit ’n paar blomme by wat dieselfde kleur is as die troue. Indien jy iets anders as blomme wil doen, ’n reusagtige ombre hart wat bestaan uit honderde skoenlappers soos hieronder, sal definitief mense se aandag trek.

VERTOON VOOR
Maak gebruik van die vloerspasie voor die bruidstafel. Op die manier kan die gaste die bruidspaar baie duidelik sien en kan jy meer kreatief wees met die hoeveelheid spasie wat beskikbaar is.

Plaas groot potte met blomme, lanterns, rame, kerse, kratte, selfs kristalkandelare so tusseniin vir ’n bietjie abstrakte stilering.

Maak gebruik van marquee-letters as a fokuspunt. Solank die dekoritems pas by die styl van die troue, is hier geen reëls verbonde nie.

VAN BO AF
Indien die onthaalsaal se plafon hoog is, maak gebruik van die spasie bo-kant die bruidstafel. Hang ’n waterval van blomme, kristalkandelare van verskillende groottes en style, voëlhokkies met kerse of oosterse lanterns in skakerings van jou troukleure. Dit sal die illusie gee dat die dak laer is en dus sal die saal voller en meer volledig lyk.

MNR EN MEV
Deesdae word dit al hoe meer gewild dat slegs die bruidspaar by die hooftafel sit. Die voordeel hiervan is, is dat minder dekor benodig word, dus laat die begroting toe om iets bietjie meer uitspattig en buitensporig te doen.

Dekor op die vloer, voor die tafel is ideaal, aangesien daar nie baie spasie op die tafel is nie, dis interessant en maak ’n baie mooi stelling.

Min spasie op die tafel is ideaal vir ’n blomloper met klein teeligkersies tussen-in.

Plaas Mnr- en Mev-woorde, voor op die tafel, agter op die stoele of sit julle voorletters in marquee-ligletters op die grond voor die tafel.

Die bruidstafel moet die fokuspunt wees wanneer mense in die onthaalsaal instap. Kies waar jy die fokuspunt wil hê, bo-op-, agter-, voor- of bo die tafel. Kies dan ’n dekor-element of elemente wat buite die gewone is. Spandeer genoeg tyd aan idees, sodat hierdie tafel jou gaste se voete onder hulle uitslaan.

Foto: I-do

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA