’n Kat het julle hart in die troeteldierwinkel gesteel en julle kan nie wag om hom deel te maak van julle gesin nie… maar het julle die regte kos- en waterbak gekry vir sy behoeftes? Lees verder om uit te vind.
Om ’n kos- en waterbak vir jou kat te koop, klink dalk eenvoudig, maar dit is baie meer gekompliseerd as om net die een te kies met die mooiste prentjie op of omdat dit klein genoeg is. Hier is ’n paar dinge om in gedagte te hou wanneer jy jou keuse maak.
PLASTIESE BAKKE
Alhoewel plastiese bakke oor die algemeen nogal stewig is, kan daar nadele wees ook. Eerstens is daar baie katte wat allergies is vir plastiek en dan ’n veltoestand ontwikkel op hulle ken wat soos aknee lyk. Tweedens is plastiek nogal geneig om te krap en dit is die ideale plek vir kieme en bakterie om nes te skop. Dink mooi voor jy op plastiek besluit.
VLEKVRYESTAALBAKKE
Hierdie tipe bakkies is sterk, sal nie breek nie en kan in die skottelgoedwasser gewas word. Dis oor die algemeen veilig vir katte en word aanbeveel deur die meeste veeartse. Wees net versigtig dat iemand nie aan jou ’n aluminiumbak verkoop in plaas van ’n vlekvryestaal bak nie.
KERAMIEKBAKKE
Hierdie bakkies, soos die spesiale #FeedMeHillsMeow-bakkies van Hill’s wat vanaf Junie by uitgesoekte winkel beskikbaar is wanneer jy Hill’s Science Plan of Ideal Balance koop, is deesdae bake gewild en kan ook ’n veilige opsie wees, solank die glansering loodvry is (wat die geval is deesdae). Dit kan ook in die skottelgoedwasser gewas word en sal nie sommer breek nie.
SELF-VOEDERS
Dit is baie gemaklik om te hê wanneer jy nie baie by die huis is nie, maar is gewoonlik ’n broeiplek vir kieme as dit nie gereeld skoongemaak word nie… en dit kan baie nadelig wees vir katte wat reeds oorgewig is omdat hulle soms net aanhou eet tot die hele voeder leeg is. As jy gereeld van so iets gebruik moet maak, kies dan liewer die outomatiese self-voeders wat geprogrameer kan word om oop te maak, sodat jou kat net genoeg en op die regte tyd eet.
HOU KAT SE BAKKE SKOON
Katte hou nie van vuil bakke nie – selfs al is daar droë kos in. Spoel elke dag kosbakke uit en was ten minste twee keer per week deeglik / in die skottelgoedwasser. As jy sagte kos gee, moet jy dit direk daarna was.
VORM EN GROTE
Bakkies moet groot genoeg wees vir ’n maaltydgrote porsie katkos. Die vorm is nie so belangrik nie, maar bakkies met reguit kante sal nie so maklik omval nie.
GEBRUIK ’N ONDERMATJIE
Baie van die ontwerperskosbakkies van vandag het matjies by. Dit help om bakkies in posisie te hou en gemorsde kossie op te vang en sodoende keer dit ook dat miere na die kos toe gelok word. As jy so ’n matjie het, moet dit elke dag uitgeskud en afgevee word.
WEN!
2 gelukkige leser staan ’n kans om elkeen ’n geskenkpak ter waarde van R250 te wen, wat ’n #FeedMeHillsMeow-bakkie en ’n sak Hill’s Science Plan-kos insluit. Al wat jy hoef te doen is om hierdie inskrywing te LIKE, te DEEL saam met die word #FeedMeHillsMeow en Hill’s Pet Nutrition se bladsy op Facebook te gaan LIKE.
Foto: Adopt a Kitten