As die bruid se pa, speel jy ’n belangrike rol op jou dogter se troudag en dit is daarom ’n goeie idee om vooraf te weet waarvoor jy jouself inlaat wanneer die beplanning begin.
——————————————————————————–
Kom kuier saam met ons by Troukoors se eksklusiewe werkswinkel op 18 Junie 2016 by Morgenzon in Pretoria
en staan ’n kans om ongeveer R100 000 se pryse vir jou troue te wen!
Kaartjies kos R200 per persoon (beperkte hoeveelheid beskikbaar). Kliek hier vir meer inligting.
Foto geneem deur Adene Photography
——————————————————————————–
Almal van ons het al gelag vir Steve Martin se komiese vertolking as die bruid se pa in Father of the Bride… maar dalk lag ons omdat dit dalk nie te ver van die waarheid af is nie. Die dag wanneer jou dogter aankondig dat sy gaan trou, is die dag waarop jou lewe (en moontlik jou bankrekening) vir altyd gaan verander, daarom is dit goed om van die begin af te weet wat van jou verwag word.
BIED FINANSIËLE BYSTAND
Alhoewel paartjies deesdae self baie van die kostes dek, word dit tradisioneel van die bruid se pa verwag om vir die troue te betaal. Dit is dus ’n goeie idee om vandat jou dogter nog klein is te begin spaar… vir universiteit en haar mooiste dag. Maar as jy moet bydra, kan jy van die begin af beheer neem deur jou begroting / bydrae op die tafel te sit, sodat almal weet wat hulle het om mee te werk.
HOU DIE BRUID SE MA KALM
Jy weet dat jou vrou soms jou dogter teen die mure uit dryf omdat sy hou van oorneem – al verstaan jy dat haar bedoelings goed is. Hou jou vrou kalm en vermaan haar dat sy die keuses aan julle dogter moet oorlaat omdat dit haar dag is. Bied ook aan om sekere van die take op jouself te neem sodat die druk minder is op ma en bruid en sodat daar darem ’n paar van die bruid se wense vervul word.
KRY DIE BRUID BY DIE TROUE
Jy gaan saam met die bruid na die troue vervoer word en is die eerste persoon wat haar gaan sien. Dit is ook die laaste keer wat sy net jou dogter gaan wees – en nie iemand se vrou nie. Maak die oomblik spesiaal, herinner haar aan hoe lief jy vir haar is en hoe trots sy jou maak. Hou die atmosfeer lig en hou haar kalm wanneer dinge nie vlot verloop nie.
LOOP SAAM MET DIE BRUID BY DIE PAADJIE AF
Dit is jou belangrikste rol van die dag en daarom moet dit perfek wees. Loop stadig, op die maat van die musiek, lig haar sluier en gee jou aanstaande skoonseun ’n stewige handdruk voordat jy jou plek langs jou vrou inneem.
MAAK ’N TOESPRAAK
As jy betaal is jy die gasheer, wat die mense moet verwelkom, bedankings moet doen en jou nuwe skoonseun moet verwelkom in julle familie. Dit hoef nie ’n lang toespraak te wees nie en dit is altyd die beste om uit jou hart uit te praat.
DANS MET DIE BRUID
Maak seker dat julle voor die tyd oefen en kies ’n kort liedjie, met ’n treffende impak.
Foto: Gary Thomas