Met meer as 140 top diensverskaffers onder een dak, is die East Rand Wedding Show moét vir enige paartjie wat nog besig is om hulle troues te beplan!
Die East Rand Wedding Show vind hierdie jaar plaas op 30 en 31 Julie by Emperors Palace. Twee gelukkige paartjies staan ‘n kans om hulle trou venue te wen, terwyl ‘n verdere twee paartjies elk ‘n volledige troue kan wen! Almal wat na die East Rand Wedding Show toe kom mag inskryf om een van hierdie ongelooflike pryse te wen! Die totale waarde van die pryse wat gewen kan word is R440 000. Koop sommer vandag nog jou kaartjie!
MEER OMTRENT DIE EAST RAND WEDDING SHOW
Paartjies kan verwag om alles wat hulle nodig het vir hulle spesiale dag by die East Rand Wedding Show te vind. By hierdie jaar se ekspo is daar 140 diensverskaffers, wat die nuutste modes en tendense ten toon gaan stel. Paartjies kan ook verwag om ‘n groot verskeidenheid trouverwante produkte en dienste hier te vind, soos mode ontwerpers, fotograwe, skryfbehoefte ontwerpers, spyseniering, blomme – wat by die ekspo fantastiese spesiale aanbiedinge, wenke en advies gaan aanbied. Maak nie saak watter tipe troue jy beplan nie, daar is iets vir elke voorkeur en styl. Buiten vir die uitstallers, is daar ook ‘n modeparade wat op beide dae gaan plaasvind.
Kom maak ‘n draai!
Datum: Saterdag, 30 Julie 2016 en Sondag, 31 Julie 2016
Tyd: Van 09:00 to 17:00 daagliks
Plek: Centre Court, Emperors Palace, Kempton Park
Koste: R100 per persoon
Koop: Kaartjies kan gekoop word by iTickets.co.za en ook by die deur, of kliek hier: https://itickets.co.za/register/new/356089
Die prys sluit ‘n komplimentêre ekspo tydskrif en ingang by die modeparade en tentoonstellings in.
Volg die East Rand Wedding Show gerus op Facebook en Twitter:
Twitter: @ERWeddingshow
Webblad: East Rand Wedding Show