fotograaf

’n Fotograaf speel ’n belangrike rol op julle groot dag, daarom moet jy iemand kies op wie jy kan staatmaak. Compassion Art Photography werk al vir agt jaar in die troubedryf en met verskeie toekennings en tevrede bruide agter hulle naam, is hulle beslis ’n diensverskaffer om te ooreweeg.

PTA SHOW BANNER
Soek jy ’n fotograaf vir jou spesiale dag? Dan kan jy beslis vir Compassion Art Photography oorweeg. Ons het meer gaan uitvind oor hierdie oulike diensverskaffer.

VERTEL ONS MEER OOR JOU BESIGHEID?
“Ons het Compassion Art in 2008 begin. Ek (Sheree) het grafiese ontwerp gestudeer, maar fotografie was nog altyd my passie. Ons het toe, as ’n guns, een van my vriendinne se baba afgeneem en die foto’s is gekies vir ’n Jet-advertensie. Ek en my man, Billy, het daarna besluit om op ’n meer permanente basis fotograaf te speel. Die naam Compassion Art is gekies as gevolg van my liefde vir verskillende kunsvorme, asook om hierdie tipe kunsvorm te gebruik om terug te gee aan gemeenskap. Ek wil graag foto’s neem vir families met kinders wat besig is om te sterf.”
 
WAT MAAK JOU BESIGHEID UNIEK?
“Ons balanseer die besigheid met ’n unieke stel vaardighede. Ek het ’n kunsagtergrond en bied ook kunsklasse vir kinders aan. Ek is die introvert en my man die ekstrovert. Hy gesels met die paartjie, laat hulle op hul gemak voel, wys en verduidelik hulle hoe om te staan en die posisie te hou… dan is ek skelmpies besig om in die agtergrond rond te beweeg en die mooiste onvoorbereide oomblikke af te neem.
Ek dink dit is baie belangrik vir ’n paartjie om gemaklik te voel met hulle fotograaf. Dit help dat ek en hy elkeen verskillende rolle vul, so die paartjie kry ’n meer wye verskeidenheid foto’s. My man neem byvoorbeeld die meer geposeerde foto’s, terwyl ek meer die joernalistieke foto’s neem. Baie fotograwe kan dalk nie albei op een slag neem nie.”

WATTER TIPE TOEKENNINGS HET JULLE AL GEWEN?
Ons het nog net aan een kompetisie deelgeneem en was baie gelukkig en opgewonde om twee jaar in ’n ry die volgende toekennings te ontvang:
* Admired in Africa-toekennings 2015 (eerste plek vir paartjiefoto’s en derde vir pasgebore babafoto’s)
* Admired in Africa-toekennings 2016 (eerste plek vir trougroepfoto’s en tweede vir trou-detail)”

WATTER PAKKETTE IS BESKIKBAAR OM VAN TE KIES?
“Daar is verskillende opsies om van te kies, elk met ’n album. Albums word aan die paartjies gegee teen ons professionele kosprys in elke pakket, omdat ons glo dat ons nuwe besigheid van verwysings sal kom. So ons wil graag hê dat die hele familie met die album moet rondloop en spog. Daarom is ons albums se kwaliteit vir ons baie belangrik.”

WAAR IS JULLE GELEË EN WAARHEEN REIS JULLE ORAL OM TE WERK?
“Ons is in Gauteng, maar neem regoor die wêreld foto’s.”

DINK JY ’N VERLOWINGSFOTOSESSIE IS NOODSAAKLIK?
“Beslis. Die meeste paartjies is ’n bietjie senuweeagtig op hulle groot dag. Hulle is ook nie professionele modelle nie. Dis ’n lekker gemaklike sessie om te leer hoe jou fotograaf werk en wat om te verwag op die groot dag. Billy het ’n unieke manier om ons paartjies op hulle gemak te stel en emosie te ontlok wat natuurlik en gemaklik is. Om voor professionele kameras te wees is nie soos om ’n selfie te neem nie.”

WATTER FOTOSTYLE IS DIE GEWILDSTE EN HOEKOM?
“Die gewildste is natuurlike of beskikbare lig fotografie. Die rede? Dit is maklik… die fotograaf het nie nodig om uit te werk waar om ’n vullig te plaas of te balanseer met beskikbare lig nie. Jy kan ook byna heeltemal outomaties skiet en nogsteeds ’n goeie skoot kry. Met die digitale era het byna almal toegang tot kameras, maar nie elkeen is bereid om die tyd en geld te spandeer om die ware kuns van fotografie te leer nie. So hierdie manier van foto’s neem is algemeen beskikbaar.”

WATTER STYL GAAN IN 2017 KONING KRAAI?
“’n Natuurlike of joernalistieke styl. Weereens is dit as gevolg van die vloed van nuwe mense in die mark. Om paarjties op te stel is ’n kuns en dit neem jare om te leer, asook om ware emosies uit ’n paartjie te ontlok.”

WATTER RAAD HET JY VIR PAARTJIES WANNEER HULLE ’N FOTOGRAAF MOET KIES?
“Dit is belangrik om vooraf met jou fotograaf te ontmoet en met hom of haar oor die weg te kom. As fotograwe, spandeer ons die meeste tyd van jou dag saam met jou en beïnvloed die atmosfeer van jou dag baie. Kyk of jy van jou fotograaf se styl hou. Moenie die goedkoopste opsie kies nie – dit is sinoniem met hoeveel waarde die diensverskaffer aan homself en sy werk heg. Onthou jy kry waarvoor jy betaal.

WATTER RAAD HET JY VIR PAARTJIES OM TE VERSEKER DAT HULLE TROUFOTO’S PRAGTIG IS OP DIE DAG?
Daar is een ding wat ons nie genoeg kan beklemtoon nie: TYD. Maak seker jy het ’n program vir die dag en dat jy die fotograaf tyd gee om sy werk te doen. Ons kan wonderwerke agter die kamera laat gebeur, maar ons kan nie meer tyd maak nie. Probeer om die beste lig op die dag te kry vir jou kreatiewe sessie, dit is 30 minute voor sononder en 30 minute na sononder. Jy sal moet kyk hoe laat die son sak by die plek waar jy gaan trou.”

WAT IS JOU BESIGHEID SE MOTTO?
“Ons passie vir liefde is wat ons hier hou, sodat ons dit net nog een keer kan doen.”

Vir meer inligting, volg Compassion Art op Facebook


SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Die Trouboek (saam met Gretha Wiid)@ R90 +
Troukoors Tydskrif (ons spesiale uitgawe) @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
Kliek hier om te bestel.

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA