Die gastelys kan een van die grootste uitdagings wees wanneer julle besluit om te trou, want troues is duur en jy kan eenvoudig net nie almal nooi nie. Almal kom ook nie altyd oor die weg nie, so wie op jou finale gastelys is, bepaal ook die atmosfeer by jou troue.
SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskode
————————————————————————————————————————————————————
Om die gastelys saam te stel vir julle mooiste dag, kan baie moeilik wees en iets wees waaroor julle baie gaan stry en kopkrap. Daarom het ons vir julle die beste raad probeer saamstel om hierdie besluit ’n bietjie makliker te probeer maak.
Tensy jou begroting onbeperk is, kan jy nie die hele wêreld nooi nie en dit is moeilik wanneer julle albei groot families en vriendekringe het. Wanneer julle begin beplan, moet julle saam gaan sit en besluit op die getal gaste wat julle gaan nooi sodat julle weet hoe groot julle venue moet wees. Maak ’n basiese lys van wie julle wil nooi en verdeel dit in drie afdelings – beslis – graag – mooontlik. Dit sal julle help om te weet waar julle kan sny. Julle moet ook besluit of julle ’n klein, spoggerige en eksklusiewe troue soek of ’n groter, meer informele geleentheid. Onthou dat familieverwagtinge, finansies en praktiese oorweging baie swaar gaan weeg wanneer julle op die kortlys vir julle gastelys besluit.
Naaste familie en vriende is natuurlik ’n MOET – dink hier aan mense sonder wie julle nie die groot dag kan en wil vier nie. Jou gevolg moet natuurlik ook genooi word en die ouers van die blommemeisie en hofknapie. Daarna moet julle fokus op die mense wat tans belangrik is in julle lewens en wat in die toekoms steeds ’n groot rol gaan speel. Die moeilike ding is ook diegene wie se troues julle reeds bygewoon het – want in die meeste gevalle moet julle hulle ook by jou gastelys insluit.
As ouers bydra tot die groot dag, is dit net regverdig dat hulle ook gaste mag nooi. Baie van hierdie mense sal in elkgeval spesiale gaste wees voor wie julle grootgeword het. Maar wees ferm en gee vir die ouerpare ’n limiet op die hoeveelheid gaste wat hulle kan nooi. Maar as van jou gaste nie kan kom nie, laat hulle toe om ekstra mense te nooi – of as die venue dit toelaat – veral as hulle daarvoor betaal. ’n Toegewing hier en daar kan alles net soveel rustiger laat verloop.
As die getalle buite beheer is, onthou dat jy nie nodig het om werkskollegas te nooi as jy nie wil nie. As jy wel ’n paar nooi, vra hulle om dit stil te hou sodat die ander nie sleg voel nie. Wees eerlik oor julle vriendskappe. As jy vir jare nie met iemand gepraat het nie, moet hulle dalk nie op die gastelys wees nie. Wees ook versigtig om mense te nooi wat ver bly – met die hoop dat hulle nie sal kom nie en jy iemand anders in hulle plek kan nooi. Toets die water deur spaar-die-datum-uitnodigings uit te stuur sodat die wat nie sal kan kom nie dadelik kan laat weet en jou besluit makliker maak.
MOEILIKE SITUASIES KAN EK MY EKS NOOI?
Dit is iets wat jy en jou verloofde moet bespreek, as julle albei gemaklik is daarmee en hy/sy beteken baie vir jou, doen dit. Maar indien nie, vermy dit.
KINDERS?
Dis ’n moeilike een want baie mense neem aanstoot as hulle hul kinders by die huis moet los – veral familie. Maar as julle begroting knap is, die venue nie regtig kindervriendelik is nie en julle regtig nie woelwaters daar wil hê nie, dra die boodskap op ’n mooi manier oor en diegene wat julle respekteer en graag daar wil wees, sal ’n plan maak en verstaan.
Foto: Arabia Weddings