Gesonde hare is elke bruid se droom op haar troudag, want dit rond die perfekte prentjie af. Noughty se reeks is die ideale produk om te oorweeg om jou hare te laat skitter op jou mooiste dag.
Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemmings.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.
————————————————————————————
Elke vrou wat al met trane uit die haarsalon gestap het kan getuig oor die kardinale belang van ’n vrou se hare. Op jou troudag moet jou hare perfek wees – die toonbeeld van gesondheid. Deesdae is almal bewus van die feit dat ons dinge anders sal moet begin doen om die aarde te bewaar. Daarom het Noughty ’n haarreeks ontwikkel wat 97% natuurlik is – goed vir jou én goed vir die omgewing. Nou kan jou hare op hulle beste lyk vir jou troudag, en dít terwyl jy jou deel doen om Moeder Aarde te beskerm.
Noughty se nuwe haarreeks word van hoë gehalte, natuurlike bestanddele gemaak en is vry van petrochemikalieë, parabens, sulfate en silikone. Dit bevat geen diereprodukte nie en is ook nie op diere getoets nie. Dit is vriendelik vir die hele gesin, vir vegetariërs en is so mildelik dat jy selfs jou haarverlengings daarmee kan was. So om jou beste ‘haartjie’ voor te sit op jou troudag – probeer hierdie produkte vir gesonde hare.
NORMALE/ DROË HARE
Noughty se Rise and Shine is verryk met blou malvablom en jojoba-olie om jou hare te hidreer en dit glad, sag en glansend te laat. Gesonde hare was nog nooit so maklik nie!
SKILFERS EN DROË KOPVEL
Die hawermout- en bisabololekstrakte in die Care Taker-reeks werk sagkens om jou kopvel nie uit te droog of te irriteer nie, so skilfers en ’n droë kopvel sal gou iets van die verlede wees en gesonde hare jou voorland.
BESKADIGDE OF KROESHARE
Noughty se To the Rescue-reeks herstel beskadigde hare met soet amandel en sonneblomsaad. Dit help ook om jou hare te hidreer om die kroes te verminder.
KRULLERIGE OF GEGOLFDE HARE
Met Wave Hello kan jy jou krulle met vrymoedigheid stileer, want die kelp, Ierse mos en avokado-olie aktiveer jou krulle terwyl dit jou gesonde hare sysag hou.
DETOKS FORMULASIE VIR GESONDE HARE
Hierdie 2-in-1 formulasie help op basta te speel met besoedeling en die opbou van produkte op jou hare. Die aktiewe bestanddele, peperment en suring blare, los jou hare vars, skoon en lig.
Hierdie wonderlike produkte, vir gesonde hare, is vanaf Oktober beskikbaar by uitgesoekte Clicks-winkels landswyd en kos R149.90 vir 250ml. Met haarsorg wat só natuurlik en goed is, sal jou hare op jou sprokiesdag net so goed voel soos wat dit lyk. Doen jou deel vir omgewingsbewaring en Moeder Aarde sal vir jou ’n high five gee!
WEN!
Een gelukkige leser staan ’n kans om ’n geskenkpak met drie Noughty-haarprodukte, ter waarde van R450, te wen. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie inskrywing op Facebook be LIKE en SHARE, hulle Facebook blad te gaan LIKE en #natuurlikehaarsorg in die kommentaarblokkie te tik. Inskrywings sluit Vrydagmiddag 17:00 en die wenner word Maandag aangekondig.
Artikel: Gina van Staden
Foto: Vizavoo
—————————————————————————————————————
Kliek gerus op ons diensverskaffer van die dag:
HELLO BIRD ONLINE SHOP (LANDSWYD)
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS