gewig
Gewig is die een ding waaroor die meeste vroue stres en wat die meeste mans irriteer. Sanger, Henrico Coetzer, is hierdie maand die #enkelou wat verklap wat mans daarvan dink.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

‘Lyk ek vet?’ is seker vir elke man die mees gevreesde vraag in die wêreld, want om eerlik te wees, is daar beslis nooit ’n regte antwoord nie. As hy eerlik is (en dis ’n ‘ja’) is hy verseker in die sop. Sê hy nee is hy ’n leuenaar… en as hy die waarheid verdoesel, glo jy hom in elkgeval ook nie. Gewig is nou maar die een ding wat vroue laat oorreageer en manne vir die berge laat hardloop… so asof verhoudings nie gekompliseerd genoeg is nie. Kyk na jouself en dink mooi – is dit dalk jou obsessie met jou gewig en die skaal wat die rede is hoekom jy steeds in die enkelhoekie is? Ons het by sanger, Henrico Coetzer, gaan hoor hoe mans oor die saak voel… en hoe dames dit in die toekoms moet benader…

HOE VOEL MANS OOR VROUE EN HULLE ISSUES MET GEWIG?
“Wanneer ’n meisie ’n probleem het met haar gewig en iets daaromtrent wil doen, moet sy deursetingsvermoë hê – dit wys sy is ernstig daaroor. Vir my speel gewig tog ’n rol, maar dit is belangrik dat jy jou figuur moet af pull. Wanneer jy dit dra met trots en wys jy is gemaklik, maak dit die ou ook gemaklik en kyk ’n mens verby die gewigskwessie. Daar is niks mooier as ’n meisie wat met selfvertoue rondloop en trots is op hoe sy lyk nie.”

HET ’N MEISIE JOU AL DIE GEVREESDE VRAAG GEVRA?
“Ja. Dit is altyd moeilik om ’n vraag oor gewig te antwoord, want ’n mens wil nie die persoon se gevoelens seer maak nie. Ek is die vraag gevra en ongelukkig was die antwoord ja. Ek het toe die volgende gesê: ‘Ek dink die rokkie steek jou figuur weg en komplementeer nie jou liggaam nie.’ Ek het na haar kas toe gestap en ’n ander rokkie uitgehaal wat ek weet sy altyd mooi in lyk.”

WAT DINK JY IS DIE REGTE ANTWOORD VIR DIE VRAAG OOR GEWIG?
“Om eerlik te wees. Maar ook nie te eerlik nie. Daar is maniere om om dit te praat. Meisies is baie keer fyngevoelig en vat goed te ernstig op, so dit is belangrik om steeds eerlik te wees, maar om die gevoelens ook in ag te neem.”

AS JY VIR VROUE RAAD KON GEE OOR GEWIG – UIT DIE HARTE VAN MANNE REGOOR DIE WÊRELD – WAT SAL DIT WEES EN HOEKOM?
“My raad sal wees om na jouself te luister. Wanneer jy die vraag vra dink ek eintlik jy weet klaar self die antwoord. Luister na jouself, want jy ken jouself baie beter as enigiemand anders en as jy dan nie “vet” voel nie… dra die outfit met selfvertroue.”

AS JOU MEISIE GEWIG OPTEL, SAL JY UIT JOU EIE UIT VIR HAAR SÊ OF NIE?
“Nee, nooit nie! Ek sal ’n voorstel aan haar maak dat ek dink dit is tyd dat ek self begin dieet en oefen en haar vra om dit saam my te doen om my te motiveer. Of selfs saam begin draf, maar ek sal dit saam met haar doen en nooit vir haar sê: ‘ek dink jy moet plan maak’ nie.”

HOE LYK JOU DROOMMEISIE SE LYF – IS SY ’N SLANK PLANKIE OF ’N VROU MET KURWES?
“Ek hou van ’n meisie wat mooi na haar lyf kyk. Kort, klein en fyn. Met so ’n bietjie heupies, dan weet ek sy kan lekker dans. Issues oor gewig sit my nie altyd af nie, maar soms is dit maar iets wat enige man tog een of ander tyd aan dink.”
HOE VOEL JY WANNEER JY ’N DAME OP ’N DATE VAT EN SY BESTEL SLAAI, TERWYL JY HAAR JUIS WOU BEÏNDRUK MET DIE KWALITEIT VAN DIE RESTAURANT SE KOS?
“Solank ek lekker eet is ek tevrede. Dit spaar my sommer baie geld ook!”

GEE VIR ONS 5 ‘DIPLOMATIESE’ ANTWOORDE VIR DIE GEWIG VRAAG?
“Nee glad nie;
Jy lyk mooi in enigiets;
Pfff nooit, ek hou van die skoene;
Nee, maar ek sal; en
Nee dit laat jou maer lyk.”

WAT VERKIES JY?
BLOND OF BRUNET: ‘Blond’
HAMBURGER OF SLAAI: ‘Watse vraag is dit? HAMBURGER’
KURWES OF SLANK: ‘Kurwes’
FLIEK OF DANS: ‘Dans’
SWEMBROEK OF BIKINI: ‘Bikini’
SANDALE OF PLAKKIES: ‘Sandale’
STIL OF SPONTAAN: ‘Spontaan’

Die musiekvideo van Henrico se eerste enkelsnit, Soos Reën, is onlangs bekendgestel. “Die tema van die musiekvideo is eintlik baie eenvoudig. Dit is ek wat in ’n ou, verlate sitkamer sit en klavier speel. Maar skielik begin dit reën in die kamer. Dit was vir my so lekker om soveel mense om my te hê wat my ondersteun en help met my droom. Ek droom al vandat ek vyf is daaroor om ’n musiekvideo op te neem,” vertel hy. “Ek is mal oor die lirieke van Soos Reën. Dis heeltmal iets anders. Dis nie net ’n liedjie nie, dis ’n gedig en vertel ’n storie. Dit kan vir elkeen wat dit hoor iets anders beteken. Ek wil musiek maak wat mense se harte aanraak.” Vir meer inligting oor hierdie sanger, volg hom op Facebook.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA