haarskade
Haarskade is nogal algemeen wanneer jy gereeld jou hare kleur, dit droogblaas en ook reguit maak. Maar hoe voorkom jy dat jou hare stomp afbreek voor jou groot dag? Hier is raad.

 

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

Voor jou troue word daar baie aan jou hare gekarring – dit moet gekleur word of strepies kry, deur proeflopies gaan sodat jy kan besluit op ’n styl en soms selfs blootgestel word aan te veel son of ’n sonbed. Haarskade kan dus jou voorland wees as jy nie versigtig is nie.

Hier is drie maniere om haarskade te voorkom, voor en na jou mooiste dag:

WEES VERSIGTIG WANNEER JY MET JOU HARE WERK
Ja, soms wil jou hare nie saamwerk nie en dan raak jy ongeduldig. Maar as jy haarskade wil voorkom, moet jy leer om sagkuns te werk te gaan en versigtig te wees wanneer jy jou hare borsel en droogmaak. Jou hare is veral baie breekbaar wanneer dit nat is, so droog dit net liggies met die handdoek af wanneer dit nat is en gee dit kans om van oortollige water ontslae te raak deur vir ’n rukkie so te loop. Gebruik ’n kam met groot, wye tande om die koeke uit te kam en wees baie versigtig om te voorkom dat jou hare breek.

MOENIE JOU HARE GEREELD DROOGBLAAS NIE
Die droë lug van ’n haardroër veroorsaak baie haarskade. Daarom moet jy probeer om nie elke dag jou hare droog te blaas nie. Laat dit soms toe om natuurlik droog te word en moenie elke dag hare was nie. Dit sal jou hare kans gee om te herstel. Probeer ook om warmborsels en jou GHD net te gebruik vir spesiale geleenthede.

BEHANDEL JOU HARE
Bederf jou hare gereeld met ’n spesiale behandeling wat voedingswaarde, vog en sprankel terugsit in jou haredos. Vermy egter chemiese prosesse soos Brasiliaanse uitblaas en ander reguitmaak- of krulprosesse. Laat kleur jou hare by die salon en vermy dit om produkte soos haarsproei, mousse en gel te veel te gebruik.

As jy slim te werk gaan, kan jy haarskade tot ’n minimum beperk voor jou groot dag, sodat jou haarstyl die perfekte afronding kan bied tot die perfekte dag. Onthou, voorkoming is beter as genesing, so wees proaktief oor jou hare!

Artikel: Alex Mitchley
Foto: Natural-Health-Journals

 

bsp;

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA