Hare en grimering is iets wat elke bruid graag wil laat doen op haar spesiale dag. Maar wie vertrou jy met hierdie belangrike taak? Liza de Jager het raad.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Net soos Aspoestertjie, benodig elke bruid ook ’n ‘Goeie Feë’ om haar in ’n prinses te omtower op haar sprokiesdag. Anders as in die sprokie, gaan jou ‘Goeie Feë’ ongelukkig nie net aan jou verskyn nie. Jy sal self ’n soektog moet loots na die perfekte persoon om jou hare en grimering te doen.

Die diensverskaffers waarop jy besluit om jou hare en grimering te doen, is baie belangrik aangesien jou gesig en kapsel die heeldag in die kollig sal wees en ook, vanselfsprekend, vir die res van jou lewe vasgevang gaan wees op julle troufoto’s.

Al kan jy en jou beste vriendin self goed hare en grimering doen, moet jy besef dat gekwalifiseerde grimeerkunstenaars en haarkapsters nie net die basiese dinge doen nie. Hulle beskou hulle werk as ’n kuns en elke bruid as ’n skilderdoek wat hulle in ’n meesterstuk wil omskep.

Daar is baie bruide wat besluit om dit self te doen om kostes te bespaar, maar oorweeg eers jou opsies voordat jy ’n finale besluit neem.

HOE KIES JY IEMAND OM JOU HARE EN GRIMERING TE DOEN?

ONDERSOEK HULLE TEGNIEKE
Vra gerus vir foto’s van vorige bruide vir wie hulle hare en grimering gedoen het. Sodoende kan jy sien of die styl by jou pas en of die tegniek mooi lyk op foto’s.

DOEN ’N PROEFLOPIE
Daar is ongelukkig ekstra kostes hieraan verbonde, maar jy sal baie meer gerus voel as jy ’n proeflopie gedoen het en weet hoe jou hare en grimering gaan lyk. Dit is ’n goeie manier om seker te maak dat jy die regte persoon gekies het en om te sien of jy hou van dit wat jy in gedagte gehad het. Nie alle grimeertegnieke lyk ewe mooi op almal nie. Sekere haarstyle werk byvoorbeeld net as jy lang, dik hare het. Dit help dus om ‘n proeflopie te doen en ook jou ‘Goeie Feë’ beter te leer ken, sodat sy presies verstaan wat jy wil hê.

KIES IEMAND WAT JOU GEMAKLIK LAAT VOEL
Dit is baie belangrik om op jou gemak te wees met die persoon wat jou hare en grimering gaan doen. Jy wil nie op jou troudag ’n ongemaklikheid in die vertrek beleef terwyl jy gereed maak nie. As julle goed oor die weg kom, is dit ook makliker om oop kaarte te speel as daar klein dingetjies is wat jou pla wat jy wil verander.

MOENIE BANG WEES OM TE KIES NIE
As jy die regte span vind, bespreek hulle dadelik. Jy wil nie later spyt wees omdat jy bang was om tot ‘n besluit te kom en hulle intussen reeds vol bespreek is nie.

BEGROOT VIR KOSTES
Jou hare en grimering kan op ’n aardige bedragie uitdraai, maar solank as wat jy begroot daarvoor sal jy geen probleem hê om die kostes te kan dek nie. Indien jy ’n baie klein begroting het, doen en betaal jou haarproef een maand en die grimeerproef die volgende maand. Tref ’n reëling om jou troudag se hare en grimering maandeliks af te betaal. Sodoende hoef jy jou nie op die dag van die troue te bekommer oor hoe jy alles op een slag moet betaal nie.

Wel Aspoestertjie, laat die soektog na jou perfekte ‘Goeie Feë’ – wat jou hare en grimering perfek gaan doen – begin… Kliek hier vir betroubare grimeerkunstenaars en haarstiliste.

Foto: Trendimi

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA