Heildronke is nie die prettigste deel van die troue nie, maar dit is ’n noodsaaklike aspek van jou groot dag. Hieronder is alles wat jy oor hierdie formaliteit moet weet.
SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskode
————————————————————————————————————————————————————
Die heildronke tydens ’n huweliksplegtigheid is ’n teken van eerbetoon en welwillendheid. Dié ritueel gee gewoonlik die tempo aan van die geselligheid en is ’n goeie aanduiding van die atmosfeer wat daarna gaan volg. Die beplanning rondom heildronke hang van elke paartjie af – die tydsduur wat julle daarvoor wil toelaat, hoe formeel of informeel dit moet wees en wie die toesprake moet lewer.
Die seremoniemeester is in baie gevalle die strooijonker en is verantwoordelik om al die aankondigings te behartig. Hy is die ideale keuse omdat hy die bruidegom (en bruid) goed ken en op dié manier die atmosfeer lekker lig en humoristies kan hou. Die ideaal is om taktvol die gaste se aandag te trek met ’n humoristiese vertelling. ’n Storie oor die bruidegom is altyd gewild. Vra die seremoniemeester om sy toespraak kort, kragtig en skoon te hou. Fokus uitsluitlik daarop om mooi dinge oor die paartjie te deel, wat met dankbaarheid ontvang sal word. Vertellings wat die bruidspaar of enigiemand anders in die verleentheid sal stel, moet liefs vermy word. Twee tot drie minute is gepas om die verwelkoming af te handel.
Hierdie rol kan ek egter ook vervul word deur ’n familielid, ’n goeie vriend of selfs iemand onafhanklik wat julle huur vir die geleentheid. Die sleutel tot sukses is om iemand te kies wat daarmee gemaklik is om voor mense te praat en om vooraf alles met hom te bespreek. Die tydlyn en die boodskap wat julle verlang is die belangrikste punte om te bespreek, aangesien dié persoon ’n sleutelrol gaan speel in die atmosfeer van die onthaal en gaan bepaal of alles seepglad verloop.
Onthou om vir die sprekers wat die heildronke gaan instel, ’n aanduiding te gee van die tydsduur van die heildronke. Besluit vooraf wat vir julle belangrik is en vir wie julle wil bedank, sodat almal wat vir julle spesiaal is ingesluit word. Moenie iemand forseer om ’n toespraak te lewer nie. Indien die strooijonker ongemaklik is om voor ’n gehoor te praat, kan jy selfs die bruidegom se broer of jou strooimeisie vra om dié taak oor te neem. By meer formele troues, vind die heildronke plaas na die hoofmaal, voor die bruidspaar die dansvloer open en die nagereg bedien word. Daar is egter geen definitiewe reëls nie, maar die tradisionele verloop is soos volg:
1. Die seremoniemeester kondig aan dat die heildronke ingestel gaan word en stel elke spreker bekend wanneer dit sy of haar beurt is.
2. Die heildronk op die bruid se ouers is eerste op die lys. Hierdie heildronk word ingestel deur ’n vriend of familielid van die bruid en haar familie, byvoorbeeld die bruid se broer of suster.
3. Daarna volg die bruidegom se ouers. Hierdie heildronk kan ingestel word deur ’n vriend of familielid van die bruidegom en sy familie, byvoorbeeld die bruid se broer of suster.
4. Baie paartjies hou daarvan om ook heildronke op hulle grootouers in te stel en kan gedoen word deur enige vriend of familielid.
5. Hierna word die heildronke op die bruid en bruidegom ingestel. Dit word soms gedoen deur die gasheer (wat die bruid se pa is, indien hy vir die troue betaal het).
6. Laastens kry die bruidegom die geleentheid om die gaste toe te spreek en bedankings te doen.
7. Enige ander boodskappe kan ten slotte aangekondig word deur die seremoniemeester.
Maak seker dat jy jou heildronke goed beplan, sodat hierdie deel van die geleentheid vinnig en glad kan verloop en nie ’n demper plaas op die atmosfeer nie.
Artikel: Yolanda Wessels
Foto: The Knot