Jou baba se vel is baie delikaat en daarom is dit jou verantwoordelikheid om seker te maak dat dit sag en goed versorg is. Lees verder om te sien hoe jy dit moet doen.
Jou baba se vel is sensitief en delikaat totdat hy of sy drie jaar oud is. Dit is hoekom jy dit moet beskerm teen elemente soos koue, wind, son, droë lug ensovoorts ten einde te voorkom dat jou kleinding ’n seer, geïrriteerde vel of uitslag ontwikkel. Jy skep ook die fondasie van hoe gesond jou kind se vel in die toekoms gaan wees, so maak seker dat jy nie die rede is vir jou tiener se probleemvel eendag nie.
HIER IS ’N PAAR WENKE OM JOU BABA SE VEL SAG, BUIGSAAM EN GEMAKLIK TE MAAK:
* Kies die regte velprodukte, wat spesiaal geformuleer is vir jou baba se vel en maak seker dat jy behoorlik omsien na die boudjies, wat die sensitiefste deel van jou baba se lyf is. Sudocrem® se Baby Care Cream is spesiaal geformuleer om jou baba se vel sag en uitslagvry te hou. Die spesiale sussende effek streel seer vel, die verkoelingseffek verminder pyn en irritasie en die room vorm ook ’n beskermlaag oor die vel.
Gaan so te werk wanneer jy jou baba se doek ruil: Verwyder die doek en vee die vel af met watte en warm water. Maak seker dat jy al die voue skoonmaak. Druk die vel liggies droog en laat baba vir ’n minuut of twee sonder die doek lê. Wend dan jou room aan voor jy die nuwe doek aansit om die vel te beskerm.
* Na badtyd is dit ’n goeie idee om jou baba se hele lyf en gesig te smeer met ’n betroubare room. Sudocrem® se Skin Care Cream sal goed werk hiervoor en kan ook deur die hele gesin en selfs Wagter gebruik word.
* Masseer gereeld baba-olie in jou baba se vel in, veral as die vel droog is. Dit is nie net goed vir die vel nie, maar sal jou baba ook help ontspan en om lekker te slaap.
* Kyk gereeld agter jou baba se ore. Baie mammas vergeet van hierdie area, wat dan lei tot droogheid en irritasie.
* Kry ’n bevogtiger vir jou baba se lippe en ander areas wat aan elemente blootgestel word.
* Maak seker dat jy jou baba se sensitiewe areas behoorlik bedek wanneer julle gedurende kouer maande uit die huis uit gaan. Gebruik mussies, serpies, handskoene en kouse om jou baba teen die koue droë lug te beskerm en voorkom sommer ook verkoue.
WEN!
Een gelukkige mamma kan ’n geskenkpak wen wat Sudocrem® Baby Care Cream en Skin Care Cream bevat, ter waarde van R400. Al wat jy hoef te doen, is om die inskrywing te LIKE & SHARE of Facebook en ook Sudocrem® se blad te LIKE.