maak seker jou hare is gesond op jou troudag 1
Almal wil mooi en gesonde hare hê op hulle troudag, maar daaglikse mooimaakroetines kan jou hare beskadig. Hask het oulike produkte wat jou hare sal vertroetel, vernuwe en beskerm.

Haardroër, kleursel, haarsproei en straightner is deel van ons daaglikse of maandelikse roetine om ons hare te laat goed lyk. Jy tap so baie uit jou hare en sit nie altyd weer iets terug nie, so vandag gesels ons oor hoe om jou hare ’n bietjie te bederf. Dit is veral belangrik om op jou troudag mooi hare te hê wat blink en gesond lyk, soos in die advertensies.

Ek spandeer so een keer in twee weke ’n aand (wat ek nêrens heen hoef te gaan nie en doodseker is net my man gaan my so sien), tyd om aandag aan my hare te gee. Ek sit gewoonlik ’n olie, ’n silikoonserum asook ’n kopvelbehandeling aan my hare en kopvel. Dan masseer ek dit goed in my punte en wortels in en slaap daarmee sodat dit ’n goeie paar uur het om in my hare in te trek.

Die volgende oggend was ek my hare twee keer om seker te maak al daardie oortollige olies is af, want dit wat noodsaaklik is, is al klaar deur jou hare en kopvel geabsorbeer.

Hask het baie produkte om te help met hierdie bederfsessies. Ek is veral mal oor hulle Argan-oliereeks, dit is ook baie goed as jy wil hê jou hare moet so ’n bietjie vinniger groei voor jou troue.

Hier is drie produkte van Hask Essentails, as jy nie een keer in twee weke tyd het om jou hare te bederf nie, wat jy kan gebruik om jou hare on-the-go te voed. Hulle het ’n Repair that Hair-sproei wat jy aan jou hare wend terwyl dit nog klam is, dan werk jy die produk met ’n borsel deur en maak jou hare soos normaal droog. Repair that Hair help nie net met kroesies, koeke en moeilike hare nie, maar beskerm ook jou hare van die skade wat hitte aan jou hare kan veroorsaak. Dit laat jou hare ook blink en gesond voel.

Dan het hulle ook Revive & Refresh wat ’n droë sjampoe is. Hierdie produk neutraliseer reuke en sal jou hare weer vars laat ruik. Dit beteken dat jy nie meer jou hare onnodig hoef te was na ’n kuiersessie soos ’n braai nie.

Die laaste een is ’n wonderlike produk wat jou droogmaaktyd verminder. Dit beteken jou hare word minder blootsgestel aan daardie skadelike hitte. Dit is die Express Blow Dry. Jy spuit dit op jou hare voordat jy dit droogblaas en dit help dat jou hare vinniger droog word, dit beskerm ook jou hare teen die hitte, help vir daardie ongewensde kroesies en verhoed dat jou hare so vinnig olierig word.

Al drie hierdie produkte kan by uitgesoekte Clicks-winkels gekoop word.

WEN!

maak seker jou hare is gesond op jou troudag 2

Staan ’n kans om ’n geskenkpak van Hask, wat al drie die bogenoemde produkte bevat, ter waarde van R450 te wen. Al wat jy hoef te doen is om Hask se Facebook-blad te gaan LIKE, hierdie inskrywing te LIKE en te SHARE op Troukoors se Facebook bladsy.

Artikel: Christell du Preez

Foto: 360-hair

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA