Huwelikskonflik klink aaklig, maar dit is eintlik iets wat nodig is om julle verhouding gesond te hou. So pasgetroudes, moenie vlug nie, en benader dit saak só…
Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/
Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za
Feëverhale en romantiese komedies laat ons dikwels glo dat die huwelik veronderstel is om jou happily-ever-after te wees. Maar ongelukkig is dit beslis nie hoe die lewe werk nie. Wanneer twee mense, wat van mekaar verskil (ons is almal uniek) besluit om saam te leef, gaan hulle nie oor alles kan saamstem nie, want onthou dat vir altyd ’n baie lang tyd is en dat julle eers gaan moet leer om bymekaar aan te pas. Huwelikskonflik is dus normaal en noodsaaklik in hierdie aanpassingsproses.
ELKE PAARTJIE HET HUWELIKSKONFLIK
Daar is niemand wat ’n perfekte huwelik het nie. Almal ervaar konflik op een of ander vlak – dit is hoe jy dit hanteer wat die verskil maak. En ja, jy moet dit hanteer en nie net onder die mat in vee nie – want dan kan jou bootjie dalk op die rotse beland. Kommunikasie binne die huwelik – en enige verhouding – is baie belangrik en ’n argument gee jou juis die geleentheid om uiting te gee aan dit wat jou pla en dit sodoende onder jou maat se aandag te bring. Dit kan dan help om ’n oplossing te vind. Konflik beteken nie dat julle huwelik op die rotse is nie – dit beteken net dat daar dinge is waaraan julle, as ’n paartjie moet werk.
DIT GAAN NIE OOR OF ONS BAKLEI NIE, MAAR HOE ONS BAKLEI
Huwelikskonflik kan ’n slegte ding wees as dit net ’n manier is om mekaar seer te kry. Dit is belangrik om jou maat steeds te respekteer wanneer daar ’n onderonsie ontstaan en om mekaar nie te verkleineer of te wond nie. Fokus op die probleem en nie op die persoon nie. Niemand is perfek nie, jy ook nie. So moet dit nie persoonlik maak nie – dan gaan dit meer skade doen as goed.
NABETRAGTING IS BELANGRIK
Dit is belangrik om die teerpunt na die tyd weer te besoek, sodat jy kan vasstel of die probleem uitgesorteer is of nie. Dit help nie julle baklei oor iets, maar doen niks daaraan nie en dit bly steeds ’n issue nie. Daar moet ’n oplossing wees vir huwelikskonflik, anders gaan die situasie homself net herhaal. Ontmoet mekaar halfpad en vind ’n oplossing waarmee julle albei gelukkig is – dan het julle albei die rondte gewen en word julle huwelik sterker.
Huwelikskonflik hoef nie negatief te wees nie. Verander net die manier waarop julle dit benader en wees bereid om hard te werk aan julle verhouding – niks wat die moeite werd is, was nog ooit maklik nie.