Inspirasie is al wat ’n bruid nodig het om fantastiese idees vir haar mooiste dag op te tower. Something Blue deel pragtige idees vir ’n kleurvolle blommetroue.
’n Mens kan nooit genoeg inspirasie hê vir jou groot dag nie, veral nie wanneer jy iets wil doen wat jou gaste se asem sal wegslaan nie.
Something Blue het kragte saamgespan met van die beste diensverskaffers in die bedryf om hierdie pragtige fotosessie te reël wat met ’n kleurvolle blommetema spog en hope inspirasie bied vir bruide wat opsoek is na ’n vrolike en waaghalsige atmosfeer by hulle troue.
Die kunstige Batavia Café het die perfekte agtergrond geskep vir hierdie opgewekte fotosessie. Gekleurde mure, houttafels en kunstige graffiti het perfek ingeskakel by die moderne, effens boheemse atmosfeer wat hulle graag wou lewe gee.
Somer was die hoof inspirasie en daarom is helderkleure, vrugte en blomme gebruik om ’n vrolike, maar tog elegante gevoel te gee.
Die kaal houttafels het gesorg vir ’n tikke rustieke inspirasie, terwyl goue eetgerei en wit geblomde borde weer ’n meer formele stempel daarop afgedruk het.
Sitrusvrugte, druiwe, grenadilla, granate en koejawels is in die middelstukke en op die troukoek ingewerk en het perfek gepas by die helderkleurige versameling eilandstyl blomme wat gebruik is.
Die troukoek is ook so eenvoudig as moontlik gehou en pragtige skryfbehoeftes, met ’n blommotief en sierskrifletters het die prentjie perfek afgerond.
Hierdie fotosessie is die ideale inspirasie vir bruide wat ’n buitelugtroue of selfs ’n strandtroue oorweeg of vir diegene wat ’n saai onthaalsaal wil opkikker.
’n Klassieke A-lyntrourok met geblomde skoene kan oulik by hierdie tema werk… en die strooimeisies kan natuurlik ook in die mooiste geblomde rokke pronk.
Moenie bang wees om inspirasie uit hierdie lieflike bont fotosessie te put nie… wie weet dalk is dit die troue van die jaar! Lekker beplan.
DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Batavia Café
Koördinering en stilering: Something Blue
Blomme: Flowers on the Stoep
Dekor: Urban Tonic
Skryfbehoeftes: Creative Heroes
Troukoek: Cuppa Cakes
Foto’s: Jaqui Franco
Trourok: Brook’s Bridal
Hare en grimering: ELP Make Me Up
Naels: Hair and Makeup by FEE
Fiets: Grand Style Hiring
Model: Niyanta Watal
KLIEK HIER AS JY ’N KWOTASIE SOEK VIR TROUBLOMME