jou gratis screensaver vir Februarie
Verfraai jou slimfoon, tablet of rekenaar elke maand met ’n pragtige screensaver van Creative Heroes. Jy kan dit hier gratis aflaai.

Die liefde is in die lug en dit is ’n maand vir mooi goed, mooi woorde, en natuurlik romanse. Daarom wil Creative Heroes jou graag vir Valentynsmaand met hierdie mooi screensaver bederf. Daar is darem niks lekkerder as om ’n mooi screensaver of agtergrondprentjie op jou rekenaar of ander slimtoestelle te hê nie… veral as jy baie tyd met hierdie toestelle spandeer – soos wanneer jy trou en al jou reëlings heeltyd moet neerpen. Dit is beskikbaar vir elke toestel waaraan jy kan dink – al wat jy hoef te doen is om op een van die onderstaande skakels te kliek om een vir jou slimtoestel of rekenaar af te laai.

As jy ’n Samsung het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPhone het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iPad het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n iMac het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

As jy ’n Skootrekenaar het, kliek hier om jou screensaver af te laai.

Creative Heroes verpersoonlik trouskryfbehoeftes en is mal oor mooi goedjies wat ’n kreatiewe aanslag het. Skryfbehoeftes word volgens kliënte se persoonlike behoeftes ontwerp en hulle sal seker maak dat alles – van die merk-die-datum-uitnodigings tot die dankiekaartjies op die tafels – by jou funksie se dekor en tema inpas. Skryfbehoeftes word op ’n wye verskeidenheid papier gedruk en hulle maak ook gebruik van verskillende tipes drukmetodes – wat wissel van drukpers (letterpress), foeliedruk (foiling), bosselering (embossing) en fyn afwerkings soos lasersnywerk (laser cutting).
Vir meer inligting, skakel 079 492 2532, stuur ’n e-pos na nadia@creativeheroes.co.za of besoek hulle webblad.

Gaan LIKE hulle ook op Facebook.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA