strooimeisies
Strooimeisies kan jou spesiale dag maak of breek. Daarom is dit belangrik om die regte keuses te maak. Gina van Staden het raad om die besluit oor wie jy gaan kies as jou strooimeisies makliker te maak.
ERWS-BANNER-20-96x14

As jy al die fliek Bridesmaids gekyk het, weet jy klaar hoe belangrik dit is om die regte keuse te maak wanneer dit by jou strooimeisies kom. Hier’s ’n paar dinge om in ag te neem:

HOU DIE GROOTTE VAN DIE TROUE IN GEDAGTE
Die kenners se riglyn is dat daar een strooimeisie, en een strooijonker vir elke vyftig gaste is. Dis in julle beste belang om eers getalle te gesels voordat jy wegspring en agt strooimeisies vra, net om later uit te vind dat jou aanstaande dalk net drie strooijonkers wou hê. Dit kan ook snaaks lyk as julle ’n klein, intieme troue het, met ’n groot bruidsgevolg, of andersom.

KIES STROOIMEISIES SLIM
As jy eers iemand gevra het om jou strooimeisie te wees, kan jy nie agterna van plan verander nie. Moenie hulle vra uit skuldgevoel nie, soos wanneer ’n vriendin jou gevra het om haar strooimeisie te wees, of as jy iemand jare terug belowe het dat jy haar eendag sal vra nie. Dink aan die belangrikste mense, dié sonder wie jy nie alleen voor die kansel wil staan en trou beloof nie – susters, skoonsusters, en hartsvriendinne. Strooimeisies het take, en dié wat jy kies, moet die verantwoordelikhede kan nakom. Afstand is ook ’n faktor – so jou niggie in ’n ander provinsie sal dalk nie die beste keuse wees nie. Wat jou hoofstrooimeisie aanbetref – sy moet iemand wees wat naby is, die kombuistee kan reël, kan inspring as daar ’n krisis sou wees, en sy sal jou tuimelende emosies in toom moet kan hou –  om net ’n paar te noem.

STEL JOU VERWAGTINGE
Nie almal weet wat strooimeisies se take is nie, so bespreek dit met jou meisies. Hulle sal jou hennepartyjie moet reël, moontlik rekord hou van die geskenke wat jy by jou kombuistee ontvang (vir die dankiesê-briefies), en enige ander takies wat jy aan hulle wil uitmaak. Dan is daar die finansiële pligte ook – hulle sal moet opdok vir die hennepartytjie, sowel as hulle eie rokke. Terwyl jy dit met hulle bespreek, sal jy vinnig genoeg agterkom wie kans sien, en wie nie.

NIE-TRADISIONELE KEUSES
In vandag se lewe is die tradisionele riglyne nie meer so erg van toepassing nie. As jou beste vriend ’n man is, kan hy die rol van hoofstrooimeisie oorvat – julle kan dit net na iets prettigs hernoem, soos hoofstrooiman. Selfs as jou bruidegom ’n hartsvriendin het, kan sy ook die hoofrol oorvat.

Jou keuse van strooimeisies het ’n groot invloed op jou hele troue-ervaring, so dis baie belangrik om die regte dames aan jou sy te hê tydens een van die belangrikste dae in jou lewe.

 

Bestel nou jou Troukoors tydskrif (mooi regte troues, doen-dit-self idees, ens) en
Die Trouboek (beplan jou troue in 52 weke + verhoudingsadvies deur Gretha Wiid).
Betaal slegs R170 vir beide (posgeld ingesluit – betroubare afleweringsmetode), SPAAR R39.90!
(Saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels)! Kliek hier vir meer info.

 

Troukoors
STAP 1

Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer

Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif
Posgeld (geregistreerde pos) is ingesluit by al die opsies hierbo.

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

1. Bewys van betaling
2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek en/of Tydskrif
3. Jou naam en van
3. Jou selfoonnommer
4. Jou posadres

Troukoors_inhoud

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA