Kinderaktiwiteite is ’n moet vir troues wat kleingoed op die gastelys insluit. The Peachy Peony het nie net ’n eksklusiewe reeks items, spesifiek vir hierdie doel nie, maar gee ook ’n paar idees wat jou kan help om die jongspan besig te hou.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Kinders by ’n troue is ’n baie kontroversiële onderwerp; sommige mense kan nie hulle troudag sonder die gejubel en gejuig van kindertjies insien nie. Ander mense meen ’n huilende kind gedurende die seremonie is onaavaarbaar en sal daarom eerder die ouers aanraai om ’n ander plan te maak.

Partymaal kan troues ongelooflik vervelig wees en voel ’n paartjie dat kinders liefs eerder by ’n ouma sal wil bly, omdat daar nie juis kinderaktiwiteite is nie. As jy wel besluit het om kinders by julle trou te hê, het ons ’n paar idees vir kinderaktiwiteite. Dit sal help om die klein lyfies lekker en vredevol besig te hou:

’N BEDERFSAKKIE
Gee vir elke kind ’n sakkie met lekkers, kinderaktiwiteite en speelgoed in. Dit kan sommer goedkoop speelgoed wees wat jy by ’n Sjinese-winkel koop. ’n Pakkie skyfies, ’n sjokolade en ’n botteltjie koeldrank is meer as genoeg. Kontak ons gerus vir oulike opsies.

BORRELS
Borrels is altyd ’n wenner wanneer dit by kinderaktiwiteite kom. Dit kan boonop baie mooi foto’s maak as die kinders almal rondhardloop en borrels blaas.

INKLEURPRENTJIES
Inkleur is een van die gewildste kinderaktiwiteite. Druk ’n paar prentjies op papier uit en sit dit saam met ’n pakkie vetkryte in hulle bederfpakkie om hulle vir langer gelukkig te hou. Gaan kyk gerus na ons kinderpakkies.

WEGGOOIKAMERA

Afhangende van hulle ouderdom, kan julle ’n paar weggooikameras koop en hulle toelaat om foto’s te neem. Jy sal verstom wees oor die oulike foto’s wat kinders kan neem!

SPEELAREA
Skep ’n speelarea met oulike kinderaktiwiteite. Kry hula hoops, ’n springkasteel, ’n plastiek tien-kegelbaanstel, blokkies, ensovoorts. ’n Oulike wenk is om ’n oppasser te betaal om toesig oor die kinders te hou. Sodoende kan die ouers met geruste harte julle troue geniet.

VERSIER DIE KOEK
Kry kolwyntjies en laat die kinders dit versier soos wat hulle dink julle troukoek moet lyk. Dit sal oulik wees as julle die fotograaf vra om dit af te neem.

Kinders hou daarvan om vermaak te word, onthou daarom om kinderaktiwiteite deel te maak van die beplanning. As jy hulle gelukkig hou, sal vreugdevolle gille julle troudag net soveel meer betowerend maak.

Foto’s: Alison Goldridge en Pinterest

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA