Kostrokkies word deesdae by al wat troue is gesien. Dit is veral gewild by buitelugtroues. Minette Badenhorst het meer gaan uitvind oor hierdie gewilde neiging.
Opsoek na ʼn nuwe en opwindende manier om kos, drinkgoed en snoeperye by jou troue te bedien? Hoekom huur jy nie kostrokkies om julle spyseniering te behartig nie? Kostrokkies is die ideale keuse vir buitelugtroues of vir venues wat nie spyseniering insluit, of soortgelyke fasiliteite het nie.
Kostrokkies is gepas vir welkomdrankies, voorgereg tot nagereg en selfs koffie vir daardie kaffeïenverbetering wat nodig is vir diegene wat die hele nag wil aandurf. Dit is ʼn prettige en feestelike manier om julle kos te bedien, en die trokke is ook ʼn oulike fokuspunt vir foto’s en tematroues.
HIER IS ’N PAAR OPSIES VIR KOSTROKKIES WAT PERFEK SAL WERK VIR ENIGE TROUE:
POP MOBILE CHAMPAGNE BAR
POP! is ʼn mobiele vonkelwynkroeg, wat gehuur kan word vir troues. Hulle oulike kostrokkies is ten volle toegerus om enigiets saam met sjampanje te bedien. Jy kan net ʼn glas sjampanje geniet of selfs ʼn sjampanje-sorbet. Dit is die perfekte manier om so bietjie ekstra pret by jou troue te voeg.
CIAO BELLA TUK TUK
Ciao Bella Tuk Tuk is geleë in Nelspruit, Mpumalanga. Hulle bied kreatiewe drankies, liplekker vingerhappies, asook lekker nagereg-opsies aan vir jou troue. Hulle kostrokkies word gebruik om jou persoonlike styl en idees te komplementeer.
LOTUS FOOD TRUCK
Hierdie kostrokkies fokus op die verskaffing van heerlike kontemporêre Asiese geregte. Dink Thaise biefslaai en pangebraaide tuna. Hulle maak al hulle kosse en souse self en dit sal al jou gaste se monde laat water. Hulle funky trok lyk ook baie feestelik op jou troufoto’s.
DOWN TO EARHT FARM FEAST TRUCK
Hulle bied plaas-tot-tafel-feeskos, wat hulle voorberei in hulle oulike kostrokkie, met die naam Ruby. Hulle heerlike plaasvars geregte word geïnspireer deur seisoenale produkte.
SUGARY SENSATION
Die naam is verseker gepas. Bruintjies, oliebolle, wafelstokkies of roomys word uit hierdie pienk kostrokkies bedien en sal jou gaste sommer dadelik laat glimlag.
THE KNICKERBOCKER ICE CREAM COMPANY
Knickerbocker is ʼn pop-up-roomyswinkeltjie met ʼn verskeidenheid roomys- en sorbet-lekkernye. En wie is nie lief vir roomys nie? Dit sal altyd ʼn wenner wees met jou gaste, veral wanneer julle in een van die warm somermaande trou.
COFFEE CONCEPTS MOBILE COFFEE BAR
Koffietrokkies is ʼn oulike manier om vir jou gaste ietsie warms aan te bied, veral as dit ʼn koel wintersaandjie is. Hulle kan ʼn lekker warm koffie geniet as ʼn energiehupstoot of net aan die einde van die aand saam met nagereg.
Met kostrokkies wat beskikbaar is vir elke gedeelte van jou troudag, van welkomdrankies tot nagereg, kan jy verseker weet dit sal iets opwindend vir jou gaste wees en iets wat almal sal onthou.
Foto: What The Trucks
Kliek hier vir nog oulike diensverskaffers…
BELLA FIORE – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
FF DECOR – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
HAND CREATIONS – VINTAGE DECOR HIRE – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
HELLO BIRD ONLINE SHOP – LANDSWYD
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
RENTALS VILLAGE
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
STUKKIE MOOI – WES-KAAP
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS
TROU VOETE – GAUTENG
WEBBLAD ♥ FACEBOOK ♥ E-POS