Nagereg is deesdae ’n groot ding op troues en word op prettige en kreatiewe maniere aangebied. Minette Badenhorst het gaan ondersoek instel.

Deesdae is daar soveel verskillende opsies beskikbaar as nagereg vir troues. As julle van iets kreatief en anders hou, kan julle dit beslis oorweeg om iets interessant vir nagereg op te dis. Ons loer vandag na ʼn paar van hierdie oulike idees.

SPOOKASEM-STASIE
Huur ʼn spookasemmasjien in waar die gaste dan self hulle eie een kan draai, dit sal soveel pret wees. Hierdie nagereg kan ook in reeds opgemaakte pakkies of stokkies gedoen word en dan op ʼn oulike manier gestileer word. Dit kan selfs in opgemaakte pakkies met ʼn boodskappie op as die dankiegeskenkies gebruik word.

WAFEL-TAFEL
Stel ʼn tafel op met wafels as nagereg, met klomp verskillende versiersels waarvan die gaste kan kies. Dit is nie iets wat volop is nie, so dit sal definitief ʼn spesiale element tot julle troue voeg.

KOEKTAFEL
Cocovanilla Foods maak die pragtigste troukoeke. Kan jy indink watter pragstuk dit sal wees om ʼn koektafel te hê met verskillende mini-koeke deur Cocovanilla Foods? Dit is iets wat jou gaste beslis nie sal kan miskyk nie. Gaan loer ook na hulle werk in ons nuutste tydskrif.

ROOMYSPRET
POPcycle Bliss het hierdie heerlike yslollies en dit is die perfekte nagereg opsie vir ʼn warm somer troue. Hulle het verskeie interessante geure wat in die oulikste fietswaentjie bedien word.

MELK- EN KOEKIETAFEL
Louvelia’s bied die prettigste melk en koekietafel (cookies and cream). Dit is ook ʼn oulike opsie as julle wel kinders by julle troue het. Die kleintjies sal mal wees daaroor, want watter kind sê nee vir melk en koekies. Dit sal ook jou volwasse gaste weer soos kinders laat voel. Die melk kan in die geure van jou keuse gemaak word en daar is ook verskillende koekies om van te kies vir nagereg.

Hierdie prettige idees vir nagereg sal verseker ʼn tikkie joligheid tot julle dag byvoeg en dit is boonop nog smaaklik ook. Julle gaste sal dit verseker geniet en sal julle troue op ʼn soet noot afsluit.

Foto’s: Pinterest & Freepik 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA