Elzette Esplin van One Off Design in Sasolburg sê dat dit goed is vir pasgetroudes om ՚n huis te kies wat hulle saam kan omskep. Lees verder hoe pasgetroudes, met behulp van die sementbasis produk Mixx, ՚n stukkie van albei in hul nuwe liefdesnes kan vasvang.
AS ARGITEK EN ONTWERPER, WAARNA BEHOORT PASGETROUDES TE KYK AS HULLE HUL EERSTE LIEFDESNES KIES?
“Die beste raad wat ek kan gee is om die slegste huis in die beste area te koop. Soos die Engelse sê: location, location, location. Daarmee saam moet ’n huis potensiaal hê. Kyk na die ruimtes binne, veral plafonhoogtes speel ’n belangrike rol. Mure kan maklik verander word (mits struktuur dit toelaat) maar hoë plafonruimtes is ’n bonus as jy klaar so ’n huis kan koop.”
HOE KAN PASGETROUDES DIE MIXX PRODUK GEBRUIK OM HULLE NUWE LIEFDESNES EG AAN HUL EIE SMAAK TE MAAK?
“Wat Mixx so lekker maak om mee te werk, is die feit dat dit ’n selfdoenproduk is waarmee jy alles in jou nuwe huis saam/self kan aanpak. Jy benodig nie ’n kontrakteur om die produk te gebruik nie en aangesien jy dit kan aantroffel, verf of doop, is die moontlikhede eindeloos.”
HOE MENG ’N MENS DIE PRODUK EN WAT HET JY ALLES NODIG DAARVOOR?
“Dis ’n basiese mengsel van kleur en sement poeier wat saamgestel is om te reageer met mekaar. Daar is verskillende verhoudings waarin dit met ’n klitser gemeng kan word, afhangende van wat jy met die produk wil doen. Lees meer daaroor hier en hier:”
HOE BEREI ’N MENS JOU OPPERVLAKTE VOOR?
“Dis belangrik dat ’n oppervlakte nie enige vuiles of olie op het nie en silwerskoon is voordat jy begin. Daarvoor het Mixx ’n fantasitese bio clean produk beskikbaar.”
IN HOEVEEL KLEURE IS DIE PRODUK BESKIKBAAR? KAN KLEURE GEMENG WORD OM DIE REGTE SKAKERING TE KRY WAARNA VERLANG WORD?
“Daar is ’n wye reeks van ses-en-dertig kleure beskikbaar waarmee julle liefdesnes omskep kan word. Jy kan ook jou eie kleure meng deur met die basiese kleurmengsel se verhouding te werk.”
KAN PASGETROUDES SELF HIERDIE PRODUK AANWEND, OF SAL HULLE IEMAND MOET BETAAL OM DIT VIR HULLE TE DOEN?
“Die selfdoen-reeks is spesifiek gemaak vir mense wat dit self wil aanwend en dit geniet om kreatief te wees. Hierdie feit kan jou begroting baie ver rek.
Die voorbereiding van jou werksoppervlak in julle liefdesnes is die belangrikste. Daar is ook basiese reëls wat tussenin gevolg moet word om die produk kans te gee om droog te word, maar verder sê Elzette dat die heel belangsrikste deel is om dit te geniet!”
WEN, WEN, WEN!
Een gelukkige leser kan ’n geskenkbewys wen om produkte op One Off Design se webblad te koop, ter waarde van R1 000!
Om in te skryf:
*Like en deel die inskrywing op Facebook;
*Like One Off Design se blad op Facebook; en
*Tag 5 vriendinne in die kommentaarblokkie.
Die wenner word op 25 November aangekondig.
Artikel: Gina Vorster
Foto’s: www.mixxcement.co.za