man
Om die regte man te kies is ʼn ernstige kwessie, want deesdae beland baie dames in die egskeidinghof omdat Mnr Reg toe Mnr Verkeerd was (of andersom). Gina van Staden bespreek die kwaliteite waarvoor jy kan soek in die potensiële Mnr Vir Altyd…

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


Om te trou is een van die grootste seëninge en baie mense sê dat wanneer jy die regte man ontmoet, jy dit net wéét. Maar hoe weet jy of die verhouding op die lang duur gaan uitwerk en of hy die regte man vir jóú is? Hier is raad:

HALF PLUS HALF IS NIE GELYK AAN HEEL NIE
Voordat jy trou moet jy selfondersoek instel. Het jy seer, verwyte of bitterheid wat jy uit vorige verhoudings saamdra? Indien wel, is jy nie reg om te trou nie. ʼn Man en vrou is nie veronderstel om ‘een heel’ te vorm nie, maar twee mense wat saam ʼn eenheid vorm.

VINKEL EN KOLJANDER
Die een net soos die ander? ʼn Man se persoonlikheidsverskille is nie ʼn doodsvonnis nie. Ja, julle kan dalk meer vassit, maar solank julle dieselfde waardes in gemeen het, kan dit bydra tot ʼn interessante verhoudingsdinamiek.

MORELE WAARDES
Het julle dieselfde waardes? Indien nie, moet julle eers hierdeur werk. Sodra daar kinders in die prentjie kom begin die vonke spat, want ʼn man wat ‘links’ sê terwyl sy vrou sê ‘regs’ wil hê, veroorsaak dat die kinders hulle ouers manipuleer.

GELOOF
Is julle grootgemaak met dieselfde geloofsisteme? Idien nie, moet julle nie julself bedrieg met die gedagte dat julle liefde sterker is as geloofskwessies nie. Aan die begin mag julle dalk verdraagsaam wees met mekaar se geloofsverskille, maar op die lang raak dit ʼn probleem (tydens kinders grootmaak, siekte, dood, ensovoorts).

VERTROUE
Baie verhoudigs het hulle op-en-af tye maar as ʼn man al jou vertroue gebreek het (of andersom), gaanʼn trousertifikaat nie die vertroue herbou nie.

IS VOORKOMS/AANTREKKING ALLES?
Nee, maar onthou dat aangetrokkenheid die enigste ding is wat op die ou einde gaan bepaal of julle net huismaats of huwelikmaats gaan wees. Hy is immers jou man en nie jou boetie nie.

GELDSAKE
Dis algemene kennis dat finansies die hoof-oorsaak is van egskeidings, so pluis hiérdie kwessie reeds voor die huwelik uit. Spandeer jy te veel en hy te min? Gaan julle mekaar iewers tegemoet kan kom?

HOE ʼN MAN SY MA BEHANDEL…
Daar is ʼn kortpad wat kan bepaal presies hoe hy jou eendag gaan behandel – kyk na die verhouding met sy ma. Behandel hy haar met minagting of het hy respek vir haar? Dit kan ook aandui hoe hy jou gaan behandel.

Daar is nie ʼn resep waarvolgens jy ʼn man kan kies nie, maar as jy hierdie belangrike punte in gedagte hou, is jy reeds ʼn stappie nader aan ʼn heerlike liefdes-dis.

Foto: Huffington Post
 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA