’n Photo booth kan jou troudag vir gaste nog meer onvergeetlik maak en vir dae lank aan die praat hou. Want op die ou einde is die herinneringe al wat tel, en hulle kan hierdie herinneringe huis toe vat.
Daar is darem niks wat spesiale herinneringe so vars in jou geheue hou soos mooi foto’s nie. En jou groot dag is beslis iets wat jy en jou gaste vir altyd wil onthou… Nie net omdat die rok, dekor en blomme pragtig was nie, maar ook omdat dit ’n funksie was wat almal gate uit geniet het. Daarom is ’n photo booth die perfekte idee om die ys te breek en die dag te verewig.
Snap-Ease Boothtography spesialiseer juis daarin om gaste op so ’n prettige manier besig te hou, dat hulle (en jy) dit nooit sal vergeet nie. Ons het bietjie gaan uitvind wat presies ’n photo booth so uitsonderlik maak.
TK: Vertel ons ’n bietjie meer van julle produk en wat dit so besonders maak?
SE: Snap-Ease Boothtography bring ’n unieke element na elke funksie in die vorm van ’n mobiele fotohokkie (photo booth) met doelgemaakte bykomstighede (props) waarmee gaste hulself vir ure lank kan vermaak. ’n Fotograaf kan tipies nie orals wees en mis daarom soms die pret wat agter die skerms gebeur en dit is juis ons fokus. Ons vermaak die gaste terwyl die bruidspaar en fotograaf besig is met die dag se formaliteite.
TK: Hoekom eerder ’n Snap-Ease photo booth as ’n tweede fotograaf?
SE: Daar is verskeie voordele wanneer jy besluit om jou funksie met ’n fotohokkie te komplementeer:
* Jy kan ’n goedkoper pakket vat by jou fotograaf as jy ’n Snap-Ease-fotohokkie deel maak van jou funksie en steeds foto’s van al jou gaste hê tydens die onthaal. Dit is baie beskostigbaar.
* Gaste sal meer gemaklik voel in die fotohokkie as voor die fotograaf se lens, so foto’s is meer pret en natuurlik. Die props sal help om die lawwe gees nog meer aan te help.
* Doelgemaakte bykomstighede sal sorgvuldig vir jou funksie uitgekies word om jou kleurskema en tema te komplementeer.
* Die gaste ontvang hulle fotostrokie (met die ontwerp op van jou keuse), met vier verskillende foto’tjies op, dadelik en kan dit huis toe vat as aandenking. Dis ook ’n oulike dankiegeskenk-idee. Beste van alles is dat gaste soveel keer kan kom vir foto’s soos wat hulle wil.
* Dit is die ideale manier om gaste besig en gelukkig te hou in die tyd tussen die seremonie en onthaal wanneer die bruidspaar gewoonlik foto’s neem en almal net rondstaan.
* Dit gee ook die bruidspaar na die verrigtinge die geleentheid om saam met die gaste te ontspan en laf te wees.
* Die bruidspaar kry direk na die funksie ’n CD met al die foto’s op wat van die gaste geneem is.
* Die foto’s van jou funksie word op ons webblad geplaas en gaste wat hulle strokies verloor het, of groter foto’s wil hê, kan dit direk by ons kry en hoef jou nie hiermee te pla nie.
* Dit is geskik vir enige funksie van ’n troue, tot ’n matriekafskeid en jaareindfunksie.
TK: Hoe kan ’n mens geld spaar met ’n photo booth?
SE: Ons bereken kostes per uur en hoe meer ure jy vat, hoe goedkoper sal dit jou uitwerk. Jy kan baie geld spaar deur ’n goekoper pakket by jou fotograaf te vat op jou troudag en omdat die strokies ook dankiegeskenkies kan vervang, kan jy daar ook ’n paar rand spaar.
As jy egter hierdie week ons faceboekblad LIKE – SHARE – EN BY ONS ’N PHOTO BOOTH BESPREEK, sal jy 10% afslag kry.
As jy eers een keer ’n Snap-Ease photo booth by een van jou funksies gehad het, sal jy nooit weer fees vier daarsonder nie. So probeer dit, jy sal nie spyt wees nie.
Die fotostrokies wat jou gaste kry kan ook gekombineer word met Snap-Ease Boothtography en GreenRoots Art & Design Studio se doelgemaakte SnapRoot-raampies. Gaan loer gerus op hulle webblad vir meer inligting.
Foto: My Vintage Photo Booth