photobooth
’n Photobooth by jou troue, sal nie net jou gaste vermaak nie, maar hulle ook in staat stel om spesiale herinneringe van julle mooiste dag huistoe te vat.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za

Om ’n photobooth by jou troue te hê, mag dalk oorbodig en onnodig klink, maar daar is soveel meer waarde daaraan as wat jy ooit sal dink. Snap-Ease Boothtography verklap hoekom hierdie elektroniese pret-tegnologie ’n moet is vir jou spesiale dag.

GEES
’n Photobooth is die ideale ysbreker om jou gaste, na die stywe formaliteite van die seremonie, in ’n partytjie-bui te kry. Oulike toebehore – wat by jou tema pas – sal nie net mooi foto’s maak nie, maar ook sorg vir ’n onvergeetlike lawwigheid waaroor almal nog lank sal praat.

TYDVERDRYF
Gaste raak maklik verveeld of gefrustreerd wanneer hulle moet wag vir die bruidspaar om klaar te maak met hulle foto’s. ’n Photobooth is dus ’n lekker manier om hulle besig te hou terwyl julle besig is.

BETER TROUFOTO’S
As jy ’n photobooth op jou troue het, kan jou fotograaf konsentreer op belangriker aspekte – soos die bruidspaar, rok, troukoek, dekor, blomme, ensovoorts en hoef hy / sy nie agter gaste aan te loop om seker te maak dat almal op ’n foto verskyn nie.

OULIKE DANKIEGESKENKE
Omdat elke fotostrokie uitdruk, na elke liewe sessie in die photobooth, het die gaste iets om huistoe te vat en jou troue mee te onthou. Snap-Ease Boothtography en GreenRoots Design & Art Studio het onlangs ook ’n reeks oulike raampies uitgebring, wat jy op jou tafel kan sit sodat gaste hulle fotostrokie vir altyd kan bewaar.

EKSTRA HERINNERINGE VIR JOU ALBUM
Buiten vir die pragtige oomblikke en mooi bruid- en paartjiefoto’s, wil paartjies gewoonlik ook prettige foto’s – van hulle hartsmense – insluit wanneer hulle hul trou-album saamstel. Snap-Ease Boothtography gee vir die bruidspaar ’n CD met al die foto’s wat in die photobooth geneem is, direk na die funksie en laai dit ook op hulle sosiale media, sodat gaste herinneringe van julle mooiste dag kan deel.

SPESIALE AANBOD
As jy in Gauteng is, en gedurende die feesseisoen ’n photobooth bespreek by Snap-Ease Boothtography vir jou troue / funksie in 2017, sal jy 10% afslag kry.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na info@snap-ease.co.za – met Troukoors-lesersnavraag in die onderwerpreël.

Foto: Offado 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA