selfdoentroues

Selfdoentroues is deesdae gewild, maar dit is nie so maklik soos wat dit lyk nie. Christell du Preez van The Peachy Peony gee raad oor hoe jy hierdie groot taak moet aanpak.

PTA SHOW BANNER

Om jou eie troue te beplan is makliker gesê as gedaan. Daar is baie aspekte en klein detail wat présies uitgevoer moet word. As jy goed georganiseerd is en weet wat jy wil hê, kan jou troue ’n groot sukses wees. Hier is ’n paar wenke vir selfdoentroues om in gedagte te hou…

1. WEET WAAR OM TE BEGIN
Troukoors en Gretha Wiid se Trouboek maak selfdoentroues kinderspeletjies en vat jou stap-vir-stap deur die proses. As jy jou eie troue wil beplan, is dit baie belangrik om volgens ’n sisteem te werk. Dit sal jou ook help om betyds diensverskaffers te kontak vir hulle dienste en om jou op datum te hou met wat jy gedurende elke stadium moet beplan. Bestel Die Trouboek hier.

2. MOENIE SOMMER OP FAMILIE STAAT MAAK NIE
Selfdoentroues word so genoem vir ’n rede… daar is sekere dinge wat jy self gaan moet doen. Dit kan soms onnodige stres veroorsaak wanneer jy familie as diensverskaffers vir julle troue gebruik. Dit is vir enige bruid moeilik as ’n diensverskaffer nie doen wat sy vra nie, óf iets doen waarvan sy nie hou nie. Dink net hoe erg is dit as daardie diensverskaffer nog boonop familie is? Jy wil byvoorbeeld nie, as jou sussie ’n fotograaf is, hê sy moet op jou groot dag rondhardloop om al die foto’s te neem en nie jou dag geniet nie. Los eerder familie heeltemal daaruit.

3. PIN DIT!
Pinterest is ’n handige hulpmiddel vir selfdoentroues en kan jou help om alles bymekaar te hou. Maak jou pins jou eie, want anders gaan jou troue soos ’n laslappie in plaas van ’n legkaart lyk. Hou jou smaak, troutema en kleurskema in gedagte en inkorporeer elke pin daarby en nie andersom nie.

4. WEES GEORGANISEERD
Skaf vir jou skryfbehoeftes aan om die taak makliker te maak. ’n Dagboek waarin jy belangrike afsprake of onthou-om-dit-te-doen-datums kan neerpen. Koop ’n ekstra boekie waarin jy kan skryf en prentjies plak, of kry vir jou ’n leêr waarin jy alles kan hou – van kwotasies tot idees. Om georganiseerd te wees, gaan jou help om te onthou wanneer om diensverskaffers te betaal of wanneer afsprake nagekom moet word.

5. VRA MEER AS EEN KWOTASIE AAN
Die grootste fout wat ’n bruid kan maak is om nie te vra nie. Selfdoentroues vereis wel die betrokkendheid van sekere diensverskaffers, maar kry ten minste drie kwotasies vir elke produk of diens. Sodoende kan jy pryse vergelyk en ’n paar pennies spaar.

6. BEGROOT
Maak vooraf ’n lys van alles wat julle by die troue wil hê en hoeveel julle dink dit gaan kos. Wees realisties, praat met ander bruide wat dieselfde tipe troue as jy gehad het en vind uit hoeveel hulle betaal het. Dit sal jou baie help met jou begroting.

7. EVALUEER DIENSVERSKAFFERS
Alhoewel selfdoentroues gewild is, is daar baie dinge wat jy nie self kan doen nie. Kyk na die diensevaluering op die diensverskaffers se Facebook-profiele, voor jy hulle dienste bespreek. Dit sal jou ’n goeie aanduiding gee of die verskaffer betroubaar is.

8. WEES REALISTIES
Al het jy die troue perfek beplan, is daar steeds klein dingetjies wat op die dag van die troue kan skeefloop, so wees realisties oor jou verwagtinge. Maak gebruik van ’n koördineerder wat net o die dag van die troue inkom om seker te maak dat alles seepglad verloop. Jy wil nie op jou troudag ’n uur voor die gaste opdaag nog rondhardloop nie. Trou is veronderstel om pret te wees, neem elke oomblik in en los die rondhardloop vir iemand anders.

Troukoors_tydskrif_en_Die_TrouboekPESIALE TROUKOORS AANBOD
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

Foto: Shentrade Shoe

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA