Skoonfamilie is nou maar een maal deel van die pakket wanneer jy trou. Deur hulle deel te maak van julle mooiste dag, kan help om dié verhouding op ’n goeie voet af te skop. Gina van Staden gee raad.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Een van die natuurlikste dinge is om jou ma en susters by amper elke stap van die trouebeplanning in te sluit. Maar nou gaan jy nog familie bykry! Hieronder is wenke oor hoe jy jou skoonfamilie deel kan maak van julle troudag.

SKOONMA IS PRIORITEIT NOMMER EEN WANNEER DIT BY SKOONFAMILIE KOM
Jy trou met haar seun en sy het seker al gewonder oor hoeveel sy hom of haar kleinkinders sal sien wanneer jy eers sy ‘mevrou’ is. Maak die storms in haar stil deur haar by alles te betrek waarby jy jou eie ma betrek. Van al die skoonfamilie, is sy die een aan wie jy die meeste aandag moet skenk.

Praktiese wenke om jou skoonma deel te maak:
* Vra haar raad en opinie, maar maak steeds jou eie besluite.
* Vat haar saam na koekproe- en trourokaanpas-afsprake.
* Maak ʼn afspraak om haar trou-uitrusting saam met haar te gaan uitsoek.
* Delegeer ʼn taak of twee aan haar, wat binne haar raamwerk van sterkpunte val.

HOE OM JOU SKOONSUSTER(S) DEEL TE MAAK
Of julle nou ʼn hegte band het of nie – jy sal moet besluit of jy hulle wil deel maak van jou gevolg. Wanneer jy jou eie susters vra en nie jou skoonsusters nie, mag hulle dalk voel asof hulle net aangetroude skoonfamilie sal bly in jou oë. Jy kan ook hulle kinders as blommemeisies en hofknapies inspan.

MAAK JOU SWAER(S) SÓ DEEL VAN DIE TROUE
Die moontlikheid is baie sterk dat jou bruidegom hulle sal vra om deel van sy gevolg te wees, maar as skoonsuster kan jy ook iets van jou kant af doen om hulle deel van die trouproses te maak. As een van hulle baie snaaks of welgesproke is, maak die voorstel dat hy die seremoniemeester moet wees. Of as een van hulle baie gasvry is, laat hy gasheer speel en sorg dat alles glad verloop by die onthaal.

MOENIE VAN JOU SKOONPA VERGEET NIE!
Jou skoonpa is die een lid van die skoonfamilie wat maklik misgekyk word. As hy spesiale talente het, soos hout- of staalwerk doen, span hom in om te help met die maak van ʼn dekor-element of twee. Hy kan selfs die troukar bestuur. Onthou om vir hom ʼn spesiale bedanking te gee in jou toespraak – mans waardeer dit om erken te word.

Sy familie gaan teen wil en dank ook joune word. Wys sommer nou al dat jy jou skoonfamilie ten volle aanvaar… dis ʼn baie slim belegging in jou toekoms.

Foto: Huffingtonpost

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA