Gewig kan nogal ’n kwessie raak voor ’n troue, want elke bruid wil graag mooi lyk. Die Wonderwerk Eetplan kan jou help om hierdie doelwit te bereik.
Die meeste bruide voel dat hulle net so ’n bietjie gewig wil verloor voor hulle troue. Die Wonderwerk Eetplan is ʼn gesonde manier om van daardie ekstra paar kilos ontslae te raak maar ook om dit sommer af te hou.
Minette Badenhorst gesels met Rika Muller, die stigter van Die Wonderwerk Eetplan om bietjie meer uit te vind oor die program.
VERTEL ONS BIETJIE MEER VAN DIE EETPLAN EN HOE DIT ONTSTAAN HET?
“Ek was desperaat om gewig te verloor. My gewig was 115kg en ek het besluit dit is nou of nooit. Ek het vyftien diëte afgelaai en dit begin deurlees en vergelyk. Ek het toe op ’n onbekende eetplan besluit, omdat dit die minste moeite was en die goedkoopste kruideniersware gehad het. Ek het 4kg verloor in my eerste week. Dit is ʼn eetplan sonder pille, skommels of inspuitings. Ek het dit van daar af verder ontwikkel.
Die eetplan is gebaseer op ʼn chemiese reaksie wat plaasvind met sekere kosse wat jy eet. Jy moet presies eet soos uiteengesit. Ons eet baie eiers, vrugte, groente, steak, hoender en vis. Die meeste middag- en aandetes kan jy eet tot jy versadig is.
Die eerste drie dae van die eetplan detoks jy. Daar is twee dae in die eetplan wat jy net vrugte eet, soveel as wat jy wil behalwe piesang, veselperske en druiwe. Dit raak ʼn leefwyse, ons is wat ons eet.
Hier is ʼn voorbeeld van een van die dae in die eetplan:
Oggend: 2 eiers enige manie van gaarmaak met bietjie olyfolie of gekook. ½ pomelo of ½ lemone of 1/3de van pynappel.
Middag: Soveel vrugte tot jy versadig is: Lemoen/pere/pruime/spanspek of waartlemoen.
Aand: Steak of hoender of vis, saam met sampioene en uie.”
WAAR KAN LESERS DIE EETPLAN KRY?
“Hulle kan registreer op ons webblad. Daar is ook ʼn toepassing wat gebruik kan word. Besoek gerus ons Facebook-groep, want sien is glo, vir die resultate en nuus oor Die Wonderwerk Eetplan. Julle kan ook e-pos stuur aan rikamuller22@gmail.com vir enige inligting oor die eetplan en aansluiting. Daar is twee foto-resepteboeke beskikbaar oor e-pos. Ek is tans besig met ʼn derde boek wat vrouens kan gebruik om gewig te handhaaf.”
HOEVEEL KOS DIT OM GEWIG TE VERLOOR?
“Hier is jou opsies:
* R200 aansluitingsfooi, en jy ontvang dan die 30 dae eetplan, wenke en ʼn paar resepte
* Jy kan aansluit vir R300 en kan dan een van die resepteboeke by kies (RB1- 60 dae fotoresepteboek of RB2 – 3 opsies per dag met resepte).
* Jy kan aansluit vir R400 en beide resepteboeke ontvang.
Die kostes sluit in:
* Lidmaatskap en ʼn span agente by wie jy enige tyd kan raad vra as jy twyfel.
* Ondersteuningsnetwerk op Facebook sowel as ʼn Whatsapp-groep.
* Die Wonderwerk Eetplan se resepte, wenke, daaglikste inkopielys en ʼn meet en weeg tabel om jou vordering dop te hou.
Die Wonderwerk Eetplan bied ʼn gesonde manier om gewig te verloor en om dit af te hou. Verander jou leefstyl met hierdie eetplan.
WEN, WEN, WEN!
Een gelukkige leser kan ’n gratis Die Wonderwerk Eetplan-lidmaatskap en -resepteboek wen, ter waarde van R400!
Om in te skryf:
* LIKE en DEEL hierdie inskrywing op Facebook;
* LIKE Die Wonderwerk Eetplan se blad op Facebook; en
* Tik #WonderTroulyf onderaan die inskrywing.
Die kompetisie sluit op 20 Oktober 2017 en die wenner sal teen 23 Oktober 2017 aangekondig word.
Foto: Nutrition