sterk-persoonlikheid
’n Sterk persoonlikheid kan ’n bate of ’n las wees wanneer dit by verhoudings kom. Is joune dalk wat in die pad staan van ware liefde?

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


 

Hoe voel die moderne man soos, Francois Jacobs, daaroor dat dames deesdae ook ’n wil van staal toon? Is jy en jou verhouding ook op ’n grondpad as gevolg van jou sterk persoonlikheid? Luister gerus na hierdie maand se oulike enkelou se raad.

Die meeste mans hou van ’n uitdaging, selfs wanneer dit kom by hulle keuse in vroue. Vurigheid kan hulle jaginstink aanwakker, maar ongelukkig kan die vlamme hulle belangstelling ook verskroei. Daar kom ’n punt wat hulle voel dat hulle koppe nie stoele is nie. ’n Man wil darem nog homself in die verhouding kan wees, sonder om elke dag met die opinieknuppel oor die kop gemoker te word, veral as die opiniemaker met die sterk persoonlikheid nie sy kant ook kan insien nie.

In Vir Die Voëls speel Francois Jacobs, Sampie De Klerk,’n eerlike, opregte en spontane jongman wat nie draaie loop nie. Hy is mal oor rugby en verlief op Irma, ’n onafhanklike meisie met ’n sterk persoonlikheid. Dit speel af in ’n tyd waar vroueregte nog nie juis gevestig was nie en daar redelik gefrons was as ’n dame durf waag om ’n publieke opinie te hê. Francois en sy karakter het dit in gemeen dat beide deursettingsvermoë en ’n sterk genoeg karakter het om ’n vrou, wat haar eie man kan staan, te respekteer en ruimte te gee.

Ons het hom ’n paar vrae oor vroue met ’n sterk persoonlikheid gevra.
 
HOE VOEL JY OOR ’N VROU MET ’N STERK PERSOONLIKHEID?
“Ek is mal daaroor. Ek kan dit nie verdra as ’n meisie nie haar eie besluite kan neem nie. Nie dat ek sal terugstaan vir ’n vrou nie… daar moet balans wees.”

HET JY AL MET ’N MEISIE UITGEGAAN WAT ’N STERK PERSOONLIKHEID GEHAD HET EN HOE HET JY DIT HANTEER?
“Ek het ’n 6 jaar-verhouding dopgehou waar die dame ’n baie sterk persoonlikheid gehad het. Sy was oordonderend en het net haar eie opinie altyd as reg beskou. Dit het nie gewerk nie.”

AS JY VIR VROUE RAAD KON GEE OOR HOE OM HULLE STERK PERSOONLIKHEDE TOT VOORDEEL VAN DIE VERHOUDING TE GEBRUIK – UIT DIE HARTE VAN MANS REGOOR DIE WÊRELD – WAT SAL DIT WEES EN HOEKOM?
“Wees ferm oor jou opinie, maar ook bereid om na ander te luister. Erken as jy verkeerd is, niemand is perfek nie.”

WANNEER SAL ’N VROU WAT ’N STERK PERSOONLIKHEID HET JOU LAAT SPAANDER?
“Ek sal probeer om tegemoetkomend te wees tot op ’n punt, maar as ek nie meer myself kan wees in die verhouding nie, gaan dit nie werk nie. ’n Mens moet nooit uit die oog verloor wie jy is nie.”

VOEL JY DIE MAN MOET STEEDS DIE STERKSTE SÊ HÊ IN DIE VERHOUDING?
“Nee, ek dink ons lewe in ’n era waar albei partye se opinies en lewenswyses in ag geneem moet word om ’n verhouding op die einde van die dag te laat werk.”

HOE VOEL JY OOR ’N MEISIE WAT HAAR EIE VLEIS BRAAI EN HANDIG IS MET GEREEDSKAP?
“Ek is mal daaroor! As ek die dag by die huis kom en die kole brand lekker, met vleisie op en ’n oulike gesiggie koekeloer vir my oor die rook, trou ek dadelik met haar! Hahaha.”
 
TOMBOY OF TIERLANTYNTJIE-MEISIE?
“Definitief Tomboy… kaalvoet in die modder is my tipe meisie!”

Vir die Voëls is, in samewerking met kykNET Films deur The Film Factory, vervaardig vir Huisgenoot se eeufeesviering en is ’n ware liefdesverhaal waarby oud en jonk sal aanklank vind. Die film begin op 25 November wys en word deur Ster-Kinekor versprei. Gaan kyk gerus of Sampie Irma (Simoné Nortmann) se sterk persoonlikheid kan tem! Hier is die lokprent.

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA