strooijonker
’n Strooijonker speel ’n baie belangrike rol voor en gedurende die troue. Daarom is dit belangrik om die regte man vir die rol te kies… en ook om moeite te doen as hierdie eer jou te beurt val. Hier is wat jy moet weet…

————————————————————————————

ONS HET WEER 50 EKSEMPLARE VAN GRETHA WIID & TROUKOORS SE TROUBOEK ONTVANG! SPAAR R44.90 AS JY ALBEI NOU BESTEL…

Spesiale_aanbod_Die_Trouboek

BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF
(POSGELD INGESLUIT):
Betaal R170 in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer en e-pos met jou adres na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

————————————————————————————

Die strooijonker is die man wat gekies word om die bruidegom by te staan tydens die troue. Hy staan langs die bruidegom gedurende die seremonie en word gevra om die ringe vas te hou tydens die ringuitruilsessie. Die strooijonker kan ook, saam met die strooimeisie, gevra word om as getuie te teken op die huwelikskontrak.

Buiten vir al die formaliteite, is die strooijonker ook die bruidegom se regterhand tydens en voor die troue.

WIE MOET JY KIES AS STROOIJONKER?
Die strooijonker moet iemand wees wat jy vertrou. Daarom is die beste keuses gewoonlik jou beste vriend, boetie, nefie of selfs jou pa. Dit kan ook jou beste vriendin wees, solank jy die persoon met jou hele hart vertrou en hy/sy jou goed genoeg ken om te weet wat vir jou belangrik is.

DIE EER IS JOUNE, SO WAT IS JOU PLIGTE?
As jy gekies word as strooijonker, sal jy vir die volgende verantwoordelik wees:
* Die reël van die rampartytjie en om die bruidegom en bruid se beste belange op die hart te dra wanneer jy dit reël;
* Om teenwoordig te wees wanneer uitrustings gekies en gepas moet word;
* Om te help met die beplanning waar jy kan;
* Om die aand voor die troue en die dag van die troue saam met die bruidegom te spandeer en hom te ondersteun en te help met laaste-minuut probleme;
* Om die trouringe veilig te bewaar;
* Om seker te maak diensverskaffers is betyds en om betalings af te handel namens die bruidspaar;
* Om in die troufoto’s te wees;
* Om ’n heildronk in te stel op die bruidegom;
* Om saam met die seremoniemeester en platejoggie te werk om die atmosfeer lig en jolig te hou, maar ook om die bruidegom te beskerm wanneer die terggeeste te erg raak;
* Om seker te maak die bruidegom het alles byderhand wat hy nodig het vir die wittebrood – dokumente, vliegtuigkaartjies, paspoorte, ensovoorts.
* Om te help met die dekor, dankiegeskenkies en enigiets anders om die las van die bruidspaar af te haal;
* Om saam met die strooimeisie in te val op die afgespreekte tyd en die eerste dans saam met die bruidspaar te doen; en
* Om almal kalm te hou op die dag.

Troutradisies het baie verander met tyd en baie paartjies doen dinge deesdae heeltemal anders en maak selfs meer staat op hulle gevolg as in die verlede.

Hierdie dag is spesiaal vir die mense vir wie jy omgee, so doen jou beste om ’n uitstaande strooijonker te wees… en wie weet, dalk doen joune eendag dieselfde moeite vir jou.

Foto: I take you

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA