Die strooijonker speel ’n belangrike rol om te verseker dat alles seepglad en stresvry verloop wanneer die bruidspaar met die paadjie afstap. Hier is wat jy moet weet…

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Jou beste vriend het jou gevra om strooijonker te wees en jy het van die begin af jou pligte deeglik nagekom. Die pakke is gehuur en die rampartytjie was ’n reuse sukses. Maar wat word van jou verwag op die dag?

VOOR EN TYDENS DIE SEREMONIE

HOU DIE BRUIDEGOM KALM
Dit is die strooijonker se verantwoordelikheid om voor die troue saam met die bruidegom te kuier, hom rustig te hou en seker te maak dat hy ’n bietjie ontspan. Maak seker dat hy weet dat jy alles onder beheer het.

MAAK SEKER HY HET ALLES WAT HY NODIG HET
As strooijonker, moet jy nie net sorg dat alles in plek is op die dag nie, maar ook dat die bruidegom alles het vir die wittebrood – veral as dit ’n verrassing is vir die bruid en hy self alles gereël het en sy tasse moes pak. Vra of hy die vliegtuigkaartjies, paspoorte, nodige klere ensovoorts in sy tas het. Skakel ook met die strooimeisie of die bruid se ma om dieselfde te doen.

DIE BRUIDEGOM MOET BETYDS WEES
Dit is nooit lekker as die bruid voor die bruidegom by die kerk is nie. Maak seker dat hy nie besig raak met onbenullighede of kouevoete kry nie en dat hy voor die kansel staan wanneer die verrigtinge moet begin… met jou, as strooijonker, langs sy sy. As julle op ’n ander plek aantrek, moet jy ook die motor bestuur wat hom na die venue toe moet neem.

STEEK SKOUERRUIKERS VAS
As julle sakke met skouerruikers versier gaan word, is dit jou verantwoordelikheid om seker te maak dat die bruidegom en sy hele gevolg se skouerruikers netjies vasgesteek word. Jy is die strooijonker, moet orde handhaaf en die finale detail oorsien.

HOU DIE TROURINGE VEILIG
Die fotograaf wil graag die ringe voor die tyd afneem en dan moet die blommemeisie en hofknapie dit nog vorentoe bring wanneer die tyd kom. Dit is die strooijonker se werk om toe te sien dat hierdie duursame pakkie sy eindbestemming bereik. Weet dus altyd waar dit is en maak seker dat dit ook by die kerk is wanneer die Troumars begin speel.

WEES DIE STROOIMEISIE SE METGESEL
Tradisie vereis dat die strooijonker saam met die strooimeisie by die kerk moet uitstap en ook die eerste dans saam met haar moet dans. Maak natuurlik eers seker of dit in die haak is met haar metgesel as julle nie albei enkellopend is nie. Indien julle albei ander metgeselle het, beplan rondom die situasie.

TEKEN AS ’N GETUIE EN HOU DIE HUWELIKSERTIFIKAAT VEILIG
Soms word die strooijonker gevra om as getuie te teken. Dit is ’n voorreg, so aanvaar dit as die eer jou te beurt val. Maak ook seker dat jy die huweliksertifikaat in ontvangs neem en op ’n veilige plek bêre tot na die verrigtinge.

VOOR, TYDENS EN NA DIE ONTHAAL

MAAK SEKER DIE GROEPFOTO’S WORD GENEEM
Familie en vriende wat rondslenter en nie beskikbaar is om foto’s saam met die bruidspaar te neem nie, mors gewoonlik die fotograaf se tyd saam met die paartjie en laat alles nie volgens skedule verloop nie. As strooijonker, is dit jou plig om seker te maak dat almal vinnig die nodige foto’s saam met die bruidspaar neem, sodat die verrigtinge kan voortgaan.

STEL ’N HEILDRONK IN OP DIE BRUIDEGOM
Dit is gewoonlik die strooijonker se voorreg om ’n heildronk op die bruidegom in te stel (alhoewel daar nie vaste reëls is nie). Hou jou toespraak kort, praat uit jou hart uit en vermy stories wat vir die bruidegom ’n verleentheid kan wees. ’n Goeie toespraak bestaan immers uit net die regte kombinasie hart en humor om skaflik te wees.

MAAK SEKER DAT DIENSVERSKAFFERS SE UITSTAANDE FOOIE VEREFFEN WORD
Die strooijonker kry baie keer die koeverte met die laaste betalings vir diensverskaffers in, maak seker dit kom by elkeen uit en dat hulle op skrif ontvangs erken. Help ook om na die tyd seker te maak dat gehuurde items weer aan die verskaffers terugbesorg word.

NEEM GEHUURDE PAKKE TERUG
As julle gehuurde pakke gedra het op die dag, maak seker dat dit terugbesorg word aan die diensverskaffer.

Jy gaan dalk net een keer in jou lewe die voorreg hê om strooijonker te wees, maak die beste daarvan.

Foto: Montblanc

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA