Strooimeisies is ’n belangrike deel van julle groot dag en dit is ’n oulike idee om hulle op spesiale maniere te vra om deel te wees van die troue. Minette Badenhorst wys vandag vir jou oulike idees om die ‘groot vraag’ te vra!

 

Deesdae is dit ’n gewilde tendens om jou strooimeisies op oulike maniere te vra om deel te wees van jou spesiale dag. Dit is reeds ʼn groot eer wanneer ʼn bruid jou as haar strooimeisie kies, want dit wys hoe spesiaal julle verhouding en vriendskap is. Met ietsie ekstra soos hierdie oulike idees, maak jy die vra proses net soveel meer opwindend.

STROOIMEISIEBOKSIES
Bergbruidjie het die oulikste strooimeisieboksies. Jy kan ʼn leë boksie koop waarin jy dan self oulike bederfies vir jou strooimeisies kan insit, of hulle het ʼn opsie waar hulle dit met allerhande oulike pamperlanggoedjies volmaak. Dit is R250 per boksie.

KAARTJIES
Vir ietsie meer eenvoudig, maar steeds spesiaal, is ʼn oulike: “Wees-my-strooimeisie-kaartjie” net die regte idee. Blooming Wonderful het onlangs pragtige kaartjies op hulle Instagram gedeel, met hierdie woorde in goue skrif. Dit hou tred met die gewilde goue details wat huidiglik hoogmode is.

PERSOONLIKE WYNBOTTELETIKETTE
Geniet jy en jou toekomstige strooimeisies gereeld ʼn lekker glasie wyn saam? Dan is hierdie persoonlike wynbotteletikette perfek. Jy kan dit ontwerp om by jou strooimeisies se persoonlikhede te pas. Ons is mal oor die blommotief ontwerp soos gesien op Pinterest.

NOG OULIKE GESKENKIDEES
Ronde lipbalsem met ʼn bypassende kaartjie is ’n oulike, maar ekonomiese manier om jou strooimeisies spesiaal te laat voel. Soortgelyke lipbalsem kan gekoop word by Dischem en jy kan dan die oulike bypassende kaartjie ontwerp met jou eie oulike sê-ding op.

’n Koppie met die woorde: ‘Sal jy my Strooimeisie wees?’ op die bodem is baie kreatief. Nooi dan jou strooimeisies vir ʼn koppie koffie of tee, en hulle sal dan die boodskappie sien wanneer hulle die laaste paar slukkies neem.

Oulike boksie met ʼn paar oorbelletjies of armbandjie, met die woorde: Sal jy my Strooimeisie wees?’ op. Ons het hiervan gesien op Help ʼn Bruidjie se webblad.

The Peachy Peony maak ook persoonlike strooimeisieboksies vir daardie kreatiewe bruide, is daar natuurlik altyd die opsies om self oulike pamperlang boksies te maak. Jy kan elke boksie spesifiek maak vir elkeen van jou strooimeisies en goedjies insit waarvan jy weet hulle hou. Dit gee daardie ekstra bietjie aandag en liefde aan die proses.

Hooffoto: Be Attractive 
Fotos’s: Bergbruidjie, Pinterest, Help ʼn Bruidjie, Blooming Wonderful Décor Hire, The Peachy Peony

VIR OULIKE SKRYFBEHOEFTES EN DEKOR-IDEES, KLIEK HIER!

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA