Goeie tandsorg sal verseker dat jou glimlag mooi en wit is op jou troudag en dat jou asem vars ruik wanneer jy met gaste gesels… en hom daardie eerste soen gee. Hier is goeie raad om seker te maak jou mond is gesond op jou mooiste dag.
Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.
————————————————————————————
Niemand wil ’n geel glimlag of slegte asem hê op hulle troudag nie, daarom is behoorlike tandsorg baie belangrik. Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen om seker te maak alles is reg op jou mooiste dag.
BELÊ IN GOEIE TANDSORG PRODUKTE
Dit is baie belangrik om ’n ekstra paar rand uit te haal en seker te maak dat jou tande wit en jou asem vars is op jou mooiste dag. Sunstar GUM se reeks Original White-produkte is die ideale tandsorg om voor en na jou troue te gebruik. Hierdie produkte is spesiaal geformuleer om jou tande witter, maar ook sterker te maak en jou asem vars te laat ruik. Gebruik die tandepasta, mondspoel en flos vir die beste resultate.
MAAK SEKER JY FLOS BEHOORLIK
Niemand wil met stukkies kos in hulle tande voor die kansel staan nie. Daarom is dit belangrik om behoorlik te flos. Sunstar GUM se splinternywe Soft Picks Advanced-reeks is ideaal vir hierdie doel. Die spesiale tandestokkies het die regte vorm en kurwes om perfek tussen jou tande in te glip en al die areas te bereik wat skoonmaak nodig het en bied dus die beste tandsorg op die mark. Dit kom in ’n handige houertjie en jy kan dit sommer in jou bruidsakkie hou.
DRINK GENOEG WATER
Slegte asem gaan darem oor meer as net goeie tandsorg. Dit is ’n feit dat jou asem sleg ruik wanneer jy begin dehidreer en op jou troudag kan dit maklik gebeur. Maak dus seker dat daar altyd water byderhand om jou asem vars te hou.
Sunstar GUM se produkte is beskikbaar by DisChem en uitgesoekte apteke. Vir meer inligting besoek Ivohealth se webblad.
WEN!
Een gelukkige leser kan ’n Sunstar GUM Ultimate Oral Care Kit, ter waarde van R600, wen.
Die geskenkpak bestaan uit:
Soft-Picks Advanced
Original White-tandepasta
Original White-mondspoel
Original White-flos
Technique Pro-tandeborsel
Easy-Flossers
Outomatiese Flosborsel
Mesh-badsakkie
Katoenwaslap
Al wat jy moet doen om in te skryf is:
Gaan LIKE Ivohealth se bladsy op Facebook;
LIKE en SHARE hierdie inskrywing;
En tik #GUMSoftPicks in die kommentaarblokkie.
Kompetisie sluit aan die einde van die dag en wenners word deur die verskaffer getrek.
Foto: Buzz South Africa