Trou-inspirasie is die hele internet vol, maar waar begin ’n mens om te kies waarvan jy hou? Marika Wilkens Photography deel hierdie gestileerde fotosessie om jou gedagtes aan die gang te kry.

“Ons wou graag met hierdie fotosessie vir lesers ’n bietjie trou-inspirasie gee vir hulle mooiste dag. Ons wou ’n romantiese atmosfeer skep en die venue se vintage styl het perfek hierby gepas. Onthou dat vintage nie noodwendig altyd rof en rustiek hoef te wees nie. Dit kan beslis ook romanties en modern wees,” vertel Marika.

Ons het meer gaan uitvind oor die inspirasie agter dié trou-inspirasie.

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN DIE FOTOSESSIE?
“Roosgoud, groen en wit. Hierdie klere komplementeer mekaar en is elegant en skoon. Groenigheid is ook die nou die in ding vir 2017 en pas perfek by die tema. Die roosgoud het bygedra tot die romantiese atmosfeer en was die perfekte element vir hierdie romantiese trou-inspirasie wat ons met die lesers wou deel.”

HOEKOM HET JULLE OP HIERDIE SPESIFIEKE TEMA AS TROU-INSPIRASIE BESLUIT?
“Die venue se vintage styl het ons gedagtes aan die gang gesit en dinge het van daar af ontwikkel. Ek wou egter hê dat die sessie ’n moderne atmosfeer moes hê en het dit probeer bewerkstellig met die romantiese dekor en rokke. Dis die ideale trou-inspirasie vir bruide wat nie noodwendig die tradisionele wit rok wil doen nie, maar iets anders in gedagte het.”

WATTER KLEURE IS TANS GEWILD WAT IN DIE SESSIE GEBRUIK IS?
“Beslis roosgoud en groenigheid. Die klassieke, elegante, moderne tema is ook nou gewild.”

HOEKOM HET JULLE BESLUIT OP HIERDIE SPESIFIEKE BLOMME VIR DIE FOTOSESSIE?
“Ons het groenigheid en wit blomme gebruik om die kleurskema ’n minimalistiese gevoel te gee. Ons het Proteas ingebring omdat dit mooi pas by roosgoud en inskakel by die romantiese atmosfeer.”

HET JY ENIGE RAAD VIR BRUIDE?
“Geniet elke aspek van jou groot dag. Hou dit minimalisties, hulle sê nie verniet dat minder meer is nie. Wanneer jy kleure kies, moenie ander se raad volg nie. Kies kleure waarvan jy hou en laat dit inpas by jou spesiale dag.”

Daar is baie trou-inspirasie en idees daar buite, so versamel dit en omskep dit om te werk vir jou droomdag.

DIENSVERSKAFFERS
Venue: Rustic Rock
Blomme en dekor: Countless Blessings
Skryfbehoeftes: I Do Creative Concepts
Troukoek: Honey Bee Baker
Foto’s: Marika Wilkins Photography
Trourok: Enzoani
Hare: Beauty and the Brush SA
Grimering: CK-Makeup
Modelle: Elri Both en Lauren Botha

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA