Troublomme help nie net om jou troue te verfraai nie, maar is ook belangrik wanneer daar foto’s geneem word. Hieronder is vyf dinge wat jy hieroor moet weet.

Die laaste eksemplare van Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe is nou op die rak by Pick ’n Pay, Checkers en sekere Clicks en Spar winkels. Koop dit sommer vandag nog voor dit finaal van die rak af verdwyn, of bestel die tydskrif saam met Die Trouboek direk by ons (teen spesiale afsalg – saam posgeld steeds goedkoper as by die winkels). Kliek hier vir meer info of om te bestel.

————————————————————————————————————————————————————


Afhangende van jou tema en venue, kan troublomme beslis lewe blaas in ’n saal of geleentheid, mits dit versigtig gekies word en pas by die gevoel wat jy graag wil skep. Hier is vyf dinge wat jy moet weet voordat jy finaal op jou troublomme besluit.

DIE BLOMSOORT IS BELANGRIKER AS DIE KLEUR
Alhoewel die kleure op jou troudag wel ’n invloed het op watter troublomme jy kies, is dit baie belangriker om op die soort blomme te fokus wat jy graag wil hê. Dit help nie jy sit jou hart op iets wat glad nie in seisoen is of in die kleure van jou troue voorkom nie. Gee jou bloemis vryheid om rangskikkings voor te stel wat gaan werk vir jou spesiale dag, sonder om hulle in te perk met streng vooropgestelde idees.

GROENIGHEID IS IN
Blomme mag nou wel jou tafels en saal op ’n kleurvolle manier versier, maar moenie die krag van groenigheid in jou troublomme onderskat nie. Groenigheid is vanjaar se tendens en pas baie mooi saam met rustieke en plaastemas. Dit is ook juis hierdie einste groen ranke wat maak dat die kleure van jou ander blomme uitstaan.

LAAT JOU BLOEMIS STRUKTUUR BEPLAN
Troublomme wat in ’n ry oor die middel van jou tafels gerangskik staan mag miskien goed klink op papier, maar gaan dit regtig so goed lyk by die res van jou dekor? Stel ’n bloemis aan wat jy vertrou om seker te maak jou blomme pas perfek by die dekor en die res van die elemente op jou spesiale dag.

GEBRUIK INTERESSANTE VASE
Simplistiese troublomme kan baie mooi lyk, maar soms is daar ’n oulike vaas of houer nodig vir struktuur en om by die tema in te skakel. Individuele rangskikkings kan net so mooi wees soos een groot rangskikking, so moenie hierdie opsie net van die hand wys sonder om dit te oorweeg nie.

WEES WAAGHALSIG
Jou troublomme moet ’n stelling maak, so moenie bang wees om waaghalsig te wees en alles in te sit wanneer jy op ’n tema besluit het nie. Leef jou in en skep saam met jou bloemis ’n prentjie wat anders is en uitstaan. Die eindresultaat moet jou gaste se asems wegslaan omdat dit so uniek is.

Kliek hieronder vir betroubare, bekostigbare diensverskaffers wat jou kan help om op jou beste te lyk op jou troudag…

Hooffoto: Notey
Foto’s: Chic Vintage Brides; Pinterest

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA