Jou troudag is hier en dit is die oomblik waarop jy al so lank wag. Maar moenie kop verloor nie. Hier is ’n paar dinge wat jy liefs nie op die dag moet probeer nie.

Bestel Die Trouboek + Troukoors Tydskrif teen die spesiale prys hieronder:

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van Troukoors se Spesiale Uitgawe, van verlede jaar, by ons kantoor oor.
Kliek hier om meer uit te vind oor Die Trouboek en Troukoors tydskrif se Spesiale Uitgawe.

Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:

Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R59.90 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodePakkies word met geregistreerde pos deur die Suid-Afrikaanse poskantoor gestuur.
    ———————————————————————————————————————————

Jou troudag is een van die belangrikste dae in jou lewe, maar dit beteken nie jy moet toelaat dat die stres van die oomblik jou dinge laat doen wat jy nie gewoonlik sou doen nie. Die maklikste manier om deur die dag te kom, is om jouself te wees en alles aan te pak soos wat jy normaalweg sou.

Hier is ’n paar dinge wat jy nie op jou troudag moet doen nie:

Moenie ’n beheervraat wees nie – jou werk is om mooi te lyk en jouself te geniet. Gee beheer oor aan iemand wat jy vertrou en ontspan.

Moenie rondry nie – jy het ’n hele gevolg om jou te help en dit is nie ’n goeie idee om self agter die stuurwiel in te spring nie. As jy êrens moet wees, laat iemand jou rondry en as daar iets opgelaai moet word, stuur iemand wat jy kan vertrou.

Moenie nuwe skoene aantrek nie – as jou voete seer is, gaan dit jou hele troudag bederf. Trap jou skoene voor die tyd in en maak seker dat dit gemaklik pas sodat jy jou dag ten volle kan geniet.

Moenie ander skakerings grimering dra as waaraan jy gewoond is nie – jou proef is gedoen en jy weet waarvan jy hou. Moenie iets dra wat buite jou gemaksone is nie, want jy gaan op baie foto’s wees en wil nie spyt wees oor die herinneringe wat jy oorhou van jou troudag nie.

Moenie afwyk van die skedule af nie – jou bruidegom is ook senuweeagtig en jou gaste het moeite gedoen om betyds te wees. Dit is slegte maniere om mense te laat wag en as jy moet jaag, gaan spesiale oomblikke by jou verby en vergeet jy belangrike goed wat jy moes doen. Wees betyds op jou troudag.

Moenie ’n ete oorslaan nie – die laaste ding wat jy wil hê is om flou te raak omdat jou bloedsuiker te laag is. Maak seker dat jy ontbyt en ’n ligte middagete eet.

Moenie gaan vir ’n massering op jou troudag nie – ’n massering laat die gifstowwe in jou spiere loskom sodat dit uit jou liggaam gewerk kan word en dit laat jou gewoonlik eers sleg voel voordat jy goed voel. Doen dit eerder so twee dae voor die tyd.

Moenie oefeninge doen op die dag nie – Murphy sorg dalk net dat jy met ’n verstuite enkel met die paadjie moet afhop. Jy kan na jou troudag weer oefen.

Geniet jou troudag en wees net jouself.

Foto: Freepik

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA