Troudrankies, in watter vorm of hoeveelheid ookal, is iets wat die gaste verwag. Maar wie moet daarvoor pa-staan? Yolande van Deventer gee raad.

ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.

————————————————————————————————————————————————————

Tradisioneel het die bruidegom se ouers of selfs die bruidegom vir die troudrankies betaal, maar tye het verander. Hoe gemaak in ons moderne tyd en met drankpryse wat jou somber en sober laat?

Dit is ’n delikate debat, hierdie kroegdebat. Veral wanneer dit by troues kom. Kom ons kyk wat is die opsies, wat troudrankies aanbetref, en gesels daaroor.

KONTANTKROEG
Hierdie is die norm by die meeste troues en is verreweg die mees ekonomiese opsie. Die enigste mense wat gewoonlik daaroor kla is familie (en gewoonlik daardie familie wat jy net op troues en begrafnisse sien). Bykans alle trou-venues het hierdie opsie beskikbaar. Gaste se finansies hou hulle drankgebruik dan redelik in toom en daar is genoeg geld in die bruidspaar en/of hulle ouers se sakke oor om op die wittebrood te spandeer en ’n goeie kwaliteit vonkelwyn en wyn vir die tafels te koop. ’n Paartjie, wat nie drink nie, hoef dan ook nie verplig te voel om troudrankies aan ander mense te voorsien nie en sal dan gewoonlik sap en vonkel druiwesap op die tafels bedien.

KONTANTKROEG MET ’N OOPKROEG-LIMIET
Die voorsiening van gratis troudrankies is tradisioneel gesien as ’n gebaar van gasvryheid en jovialiteit van die bruidegom se ouers en nie as ’n maatstaf van hoe ryk die familie is nie. Hierdie tipe snobisme het egter ongelukkig oor die jare ingekruip en menige ouerpaar ’n tweede verband op die huis gekos en talle paartjies met groot skuld hulle huweliksreis laat begin.

As ’n paartjie of ’n ouerpaar graag hierdie gebaar wil eer, maar nie hulself bankrot wil verklaar nie, kan hulle steeds vir die eerste rondte by die kroeg betaal en hier kan selfs ’n perk gestel word oor watter tipe drank beskikbaar is vir die oopkroegrondte. Nog so ’n opsie is om uit te werk hoeveel twee drankies per gas (een is gasvry, twee is gesellig) of soveel as wat julle bereid is om voor te betaal, sal kos teen ’n vasgestelde prys. Hierdie bedrag word dan afgekondig aan die begin van die aand en wanneer die limiet bereik is, word die kroeg ’n kontantkroeg.

DIE OOPKROEG
As julle ’n kroegstorie wil hê om te vertel oor julle troue en julleself diep in die skuld wil dryf (tensy julle natuurlik voel julle finansies laat dit toe), kies dan hierdie opsie vir julle troudrankies. Jou gaste ontwikkel gewoonlik ’n alter-ego met so ’n tipe kroeg en hulle drankfiksheid bereik nuwe hoogtes, selfs die welaf gaste laat hulle self gaan. (Julle sal verbaas wees).

WIE MOET BETAAL?
Die antwoord is kort. Die wat wil en wat kan. Soveel paartjies betaal deesdae self vir hulle troues; party omdat hulle ouers al pensionarisse is (mense trou wanneer hulle ouer is). Ander betaal self omdat hulle nie meer ouers het nie en ’n hele klompie omdat hulle nie kans sien vir die geveg van ego’s tussen die twee families nie. Die bruid se ouers voel dalk die skoonouers moet in troudrankies die troue se koste eweknie en die skoonouers kan nie of andersom. In die proses val die ware idee van ’n bruilof deur die mat.

Die debat en besluit oor troudrankies moet soos drank self hanteer word: Net vir bo 18-jariges en met volwassenheid.

Foto: Modern Wedding

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA