Troufoto-idees om daardie spesiale oomblikke tussen die bruid en haar ma vir altyd vas te vang. Lees verder om te sien wat ons raakgeloop het.

Jou troudag gaan miskien oor julle, maar daar is baie kosbare oomblikke – saam met spesiale mense – wat jy later graag sal wou hê. Daarom is die belangrik om tyd te maak om hierdie foto’s te neem. Omdat dit Moeder-maand is, fokus ons vandag op die tipe foto’s wat jy en jou ma vir altyd sal koester. Hier is troufoto-idees wat julle kan oorweeg op die dag.

Ons het op die internet gaan rondsnuffel om te sien watter troufoto-idees daar gedeel word.

Die volgende troufoto-idees was baie gewild vir ma’s en bruide:

HELP DIE BRUID AANTREK – Beslis een van die gewildste troufoto-idees op die web. Dit is die belangrikste dag in ’n bruid se lewe en sy maak staat op haar ma om seker te maak dat alles reg lyk en in plek is. Dit is mooi om hierdie oomblik vas te vang.

EMOSIONELE OOMBLIKKE – Foto’s waar die ma van die bruid haar soen of vir haar ’n drukkie gee, is ook baie gewild en kosbaar. Gee uiting aan hoe julle voel en verewig die oomblik in julle trou-album.

DIE OOMBLIKKE VOOR DIE GROOT GEBEURTENIS – Dit gebeur baie dat die bruid se ma saam met haar tot voor die kapeldeur stap. Daar is verskeie pragtige troufoto-idees om hierdie spesiale oomblikke te verewig.

AS MA SAAM IN DIE PAADJIE AF STAP – As jou pa nie meer met julle is nie of jou ma jou alleen moes grootmaak, gebeur dit dikwels dat sy die een is wat jou moet weggee. Dit is seker een van die treffendste troufoto-idees wat daar is en een waarsonder jou album (as dit jou realiteit is) nie volledig sal wees nie.

GEPOSEERDER FOTO – So ’n foto is standaard op enige fotograaf se lys. Dit sal julle altwee se gesigte wys en is ook nodig, alhowel dit nie soveel emosie bevat nie. Hierdie troufoto-idees is om te verseker dat almal op hulle beste vertoon.

MA SE REAKSIE TYDENS VERRIGTINGE – Dit is altyd goed om vir jou fotograaf te vra om ’n steelfoto van jou ma te neem tydens die seremonie. Dit is soms die mooiste foto’s en vang haar emosies perfek vas.

Daar is baie troufoto-idees vir die ma en bruid om te oorweeg en natuurlik geen reëls nie. Maak net seker dat jy hierdie herinneringe het om vir altyd te koester. Die lewe is kort en dis ’n voorreg om jou ma op jou troue te hê.

Vir nog oulike troufoto-idees, volg ons op Instragram en Pinterest.

Hooffoto: The Knot
Foto’s: Pinterest

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA