Troufoto’s is een van die belangrikste aspekte van julle mooiste dag, omdat dit julle herinneringe moet verewig. Daarom moet jy so gemaklik as moontlik wees wanneer die kamera begin flits. Gina van Staden deel raad…
ADVERTENSIE – SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.
Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)
STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:
- Bewys van betaling
- Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou posbus adres
- Jou poskodeNeem asb kennis dat die artikel hieronder nie in die tydskrif, wat hierbo geadverteer word, verskyn nie.
————————————————————————————————————————————————————
Gewoonlik is die manne meer gepla oor die kamera en die vreemde persoon agter die lens, maar selfs bruide sukkel soms met die idee van troufoto’s. Michelle Denton Photography vertel ons meer oor hierdie kwessie wat sommige bruidspare koue voete gee.
HOEKOM IS SOMMIGE PAARTJIES SO KAMERASKU EN BANG VIR TROUFOTO’S?
“Dis grootliks omdat hulle die fotograaf nie persoonlik ken nie. Hierdie vreemdeling versoek hulle dan om allerlei dinge te doen voor die kamera wat hulle dalk ongemaklik kan maak. Iets wat ek ook baie hoor is dat pare sê hulle is nie fotogenies nie. Of dat die mans fotoʼs eenvoudig net haat.”
HET JY RAAD VIR PAARTJIES OOR HOE OM TE ONTSPAN VOOR DIE KAMERA?
“Vergeet net heeltemal van die kamera en die feit dat julle besig is met troufoto’s. Staar diep in mekaar se oë en maak asof julle iewers alleen is.”
HET JY RAAD VIR FOTOGRAWE OOR WAT OM TE DOEN OF SÊ WANNEER HULLE SKAAM PAARTJIES SE TROUFOTO’S NEEM?
“Moet nooit iets sê wat die paartjie kan laat twyfel in hulself nie. As ʼn foto byvoorbeeld nie werk as gevolg van toe oë nie, stel eerder voor dat hulle iets anders doen in plaas daarvan om vir hulle te sê dat dit nie gaan werk nie. Maak die fotosessie pret, maar hou dit so natuurik as moontlik. Laat die paartjie dinge vir mekaar sê wat ware emosie sal ontlok. Vra byvoorbeeld hoe hulle ontmoet het en staan dan gereed om die kamera se knoppie te druk…”
VOLGENS WATTER KRITERIA MOET PAARTJIES DIE REGTE FOTOGRAAF KIES?
“Die fotograaf is een van jou belangrikste diensverskaffers op die dag omdat die troufoto’s ál blywende herinnering is van maandelange beplanning. Moenie volgens prys kies nie, want jy kry waarvoor jy betaal. Kies eerder omdat jy van hulle styl hou. Hulle moet ook sosiale media platvorms en ʼn webtuiste hê sodat jy goed kan gaan rondsnuffel om vas te stel hoe konstant hulle werk is.
Maak ook ʼn afspraak om hulle te ontmoet en pakette te bespreek. Eerste indrukke hou en op dié manier gaan jy ook weet of julle gemaklik sal wees by hierdie persoon of nie.”
Michelle sê dat ʼn mens baie vinnig op die troufoto’s kan sien as die paartjie nie gemaklik was nie, so om hulle gerus te stel is deel van die fotograaf se taak, sodat die foto’s so mooi as moontlik uitkom.
Foto: Michelle Denton