troukleure

Troukleure verander elke jaar, maar enige kleur kan mooi lyk – dit hang net af hoe jy dit saamvoeg. Ons deel ’n paar kombinasieborde wat ons op Pinterest gesien het.

troukleure_1

Troukleure skep beslis die atmosfeer en styl op jou mooiste dag. Buiten dat dit by die nuutste tendense moet pas, moet dit ook julle smaak en persoonlike styl reflekteer. Engige kleur kan egter gebruik word, solank jy die kleure reg kies.
Dalk het jy nog altyd een kleur in gedagte, maar geen idee waarmee jy dit kan kombineer nie. Hierdie troukleure sal jou kan help om die beste (soms ook onverwagse) kombinasies op te tower. Pers en bessie is byvoorbeeld twee troukleure wat goeie pasmaats is…

troukleure_2

PERS EN BESSIE
Hierdie kleure is ideaal vir ’n tipiese herfstroue, alhoewel ligter skakerings daarvan wel gebruik kan word vir somer- of lentetroues. Pers is oor die jare deur baie bruide met verskillende troukleure gekombineer om ’n toweragtige atmosfeer te skep. Dit is ’n maklike kleur om te kombineer omdat dit oral op die kleurwiel inskakel.

troukleure_3

Ons het ’n paar voorbeelde gaan soek op Pinterest en deel dit graag met julle. Vir nog idees, volg ons op Pinterest en Instagram.

 PTA SHOW BANNER

Foto’s: Pin Img en Pinterest

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA