troukoors_vintage_inspirasie_vir_jou_troue_1
Vintage is ’n tema wat byna elke bruid by haar troue wil gebruik. Dit is een van die grootste tendense in die bedryf. Hier is ’n bietjie inspirasie as jy van hierdie tipe tema hou.

ERWS-BANNER-20-96x14

troukoors_vintage_inspirasie_vir_jou_troue_2

Vintage is al vir die afgelope paar jaar die gonswoord in die troubedryf en ewe skielik is ouma se pêrels, kant, oudhede en pastelkleure weer ’n treffer onder jonk en oud. Christell du Preez van The Peachy Peony vertel meer oor die gestileerde fotosessie wat hierdie paar diensverskaffers aangepak het.

WAT WAS DIE TEMA EN IDEE AGTER HIERDIE FOTOSESSIE?
Vintage is seker een van die algemeenste temas wat bruide kies om hulle groot dag mee uit te beeld. Ons het geweet ons sal vir bruide nie net moet wys hoe ons persepsie van die tema is nie, maar ook wys wat jy anders kan doen.
Liz-Mari van Creatif with Lizzy het gewys hoe jy jou skryfbehoeftes maklik mooi en anders kan laat lyk. Sy het altyd baie kreatiewe maniere om jou skryfbehoeftes by jou tema te laat pas. Mariska van Little Miss Priss wys met haar blommerok-skepping hoe jy ’n moderne weergawe van die vintage tema kan kry. Die sagte blomme en roomkleur van die rok pas nie net perfek by antiek nie, maar is speels en modern. The Peachy Peony wys hoe jy ’n muur van vaal na mooi toe verander deur dit te bedek met groot blomme. Dit skep nie net ’n fokuspunt nie, maar dra by tot jou tema.
Bride & Beyond het verskillende tipes blomme gekombineer. Deur hierdie blomme in verskillende vase, koppies en rangskiking te versier, skep jy baie fyn detail wat hand-aan-hand loop met die vintage gevoel.
Vintage Yard Wedding Venue is die perfekte venue om ’n rustieke of antieke troue te hou. Hulle het baie hoekies en plekkies wat jy fraai kan opmaak. Hulle houttafels (wat hulle self gemaak het) gee vir jou daardie sagte houtgevoel wat rustiek gemaak word deur die afwerkings.
Elmaine van Little White Ribbon het nie net ’n oog om fyn detail af te neem nie, maar met jare se ondervinding in die troubedryf was sy net die logies besluit om ons gestileerde fotosessie af te neem.”

troukoors_vintage_inspirasie_vir_jou_troue_3

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN HOEKOM?
Vintage is ’n kombinasie van vuil-wit of room en sagte kleure. Amper vuil, uitgewaste kleure. Ons het besluit op room, groen en dan verskillende skakerings van pienk.”

HOEKOM JUIS HIERDIE TEMA?
“Hierdie tema is vir enige bruid wat baie antieke koppies, boeke, kant en meubelstukke het en daarvan hou dat alles nie dieselfde moet lyk nie. Dit is ’n gemaklike tema waar elke tafel anders is en waar jy kan speel met verskillende kleure – alles natuurlik met dieselfde ondertoon soos die vuil-kleur aspek daarvan. Hierdie tema is dan ook sinoniem met detail, baie klein detail maak die vintage tema so ’n lekker tema om af te neem.”

WATTER KLEURE IS TANS GEWILD?
“Pastelkleure is al vir ’n geruime tyd in die kollig en ek glo sal vir ’n baie lang tyd daar bly omdat dit so sag is en jy ’n verskeidenheid kleure saam kan sit en nogsteeds ’n mooi afwerking kan hê.”

WATTER TIPE GESKENKIES IS TANS GEWILD?
“Sjampanje is baie groot – van sjampanjekroegies tot individuele bottels wat weggee word.”
troukoors_vintage_inspirasie_vir_jou_troue_4

DIENSVERSKAFFERS
Venue, stilering, kos, drankies, dekor, koek: Vintage Yard Wedding Venue
Stilering, kos, drankies, dekor, skryfbehoeftes: Creatif with Lizzy
Blomme: Bride & Beyond
Dekor: The Peachy Peony
Fotograaf: Elmaine van Little White Ribbon
Rok: Little Miss Priss
Hare: Sunet Prinsloo
Grimering: Mandie de Wet
Model: Janha Scholtz

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA