Verlede week het Van Eden Attorneys meer vertel oor wat ’n testament behels en hierdie week verklap hulle wat julle oor boedels moet weet en hoe dit hanteer moet word.
Noudat jy weet wat die nadele daarvan kan wees om nie ’n testament in plek te hê nie, gaan ons boedels in meer besonderhede bespreek. Indien jy doodgaan, moet die dood by die Meester van die Hoë hof aangemeld word.
WAT IS ’N BOEDEL?
’n Boedel is ’n samevatting van al jou bates en laste tot en met die dag van jou afsterwe. Onthou, ’n testament bepaal wat met jou bates gebeur nadat jy doodgaan. met ander woorde, die testament gee ’n aanduiding wat met jou boedel moet gebeur en hoe dit verdeel moet word na jou afsterwe. Die boedel moet ook aangemeld word by die Meester van die Hoë hof.
BOEDELBELASTING
Boedelbelasting beloop 20% van die netto waarde van die boedel. Die waarde van die boedel is die somtotaal van al die bates minus die kwytskelding soos die wet voorskryf en die laste. Van hierdie bedrag, word daar weer 3.5-miljoenrand afgetrek en sal die surplus dan belas word met 20%. As daar geen surplus na aftrekking oor is nie, word die boedel vrygestel van boedelbelasting.
KREDITEURE
Indien jy skuld aangegaan het, moet daar ’n advertensie in die koerant geplaas word om krediteure in te lig van jou afsterwe en dat hulle moet kennis neem dat daar ’n 30 dae periode is waarby hulle kan eis teen die boedel om die uitstaande skuld of ’n deel daarvan te delg.
LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIEREKENING
Die likwidasie en distribusierekening vorm deel van die boedel se beredderingsproses. Die Likwidasierekening sluit die volgende in, Bates (onroerende eiendom, roerende eiendom en alle eise ten gunste van die boedel.) Die laste van die boedel word ook hierin aangedui. Die laste sluit in, alle laste van die oorledende, asook administrasie kostes vir die afhandeling van die boedel soos onder andere, die eksekuteursfooi, meesterskostes, waardasie kostes, ensovoorts. Dit word by die Meester ook ingedien.
ANDER PARTYE WAT BETROKKE IS BY ’N BOEDEL:
Testateur/Testatrise: In deel 1 van ons artikel het ons ’n testateur/testatrise beskryf as ’n persoon wat die testament aflê. Dié persoon moet bo die ouderdom van sestien jaar wees volgens Artikel 4 van die Wet op Boedels en verder moet die persoon by sy positiewe wees, dit wil sê, die persoon mag nie onder die invloed van alkohol, dwelms of enige ander afhanklikheidsmiddels wees nie.
Eksekuteur: ’n Eksekuteur is die persoon wat verantwoordelik is vir die bereddering, administrasie en afhandeling van die boedel. Die testateur/testatrise moet iemand nomineer wat as eksekuteur optree. Ons het in Deel 1 meer uitgebrei oor eksekuteurs.
Begunstigdes: Die persone wat gaan baatvind uit die boedel soos aangewys in die testament, word die begunstigdes genoem. ’n Begunstigde word ook ’n erfgenaam genoem. ’n Begunstigde kan enige persoon wees wie jy nomineer, behalwe met uitsondering na die getuies wat jou testament onderteken het. ’n Getuie in jou testament mag glad nie ’n erfgenaam wees in jou boedel nie. ’n Potensiële erfgenaam kan diskwalifiseer word van die testament sou die erfgenaam skuldig wees dat die erfgenaam die testateur/testatrise vermoor het of deel van ’n komplot was om dit te doen.
Indien jy meer inligting nodig het, stuur ’n e-pos na reception@vanedenattorneys.co.za en hulle sal jou terugskakel.
VAN EDEN PROKUREURS SPESIALISEER IN:
Die opstel van testament en bereddering van boedels
Die opstel van Trusts
Die opstel van Huweliksvoorwaardekontrakte
Eiendomsoordragte
Familiereg
Litigasie (siviel en strafregtelik)
Kommersiële litigasie
SPESIALE AANBOD!
5 Gelukkige lesers staan die kans om tussen Oktober en Desember 2015, 55% afslag te kry op die opstel van hulle huweliksvoorwaardekontrak.
WAT JY MOET DOEN: Stuur ’n e-pos na reception@vanedenattorneys.co.za met TROUKOORS-KOMPETISIE in die onderwerpreël. Die eerste vyf lesers wat ons kontak, sal outomaties die bogenoemde afslag kry vir die opstel van hulle huweliksvoowaardekontrak.
Artikel: Rohann Derks
Foto: Money