Jou hare speel ’n belangrike rol op jou troudag, omdat dit nie net jou gesig omraam nie, maar ook die deel van jou liggaam is waarna gaste die hele dag lank kyk. Maak seker jou hare is gesond en troumooi wanneer jy voor die kansel staan, met hierdie produkte van Marc Anthony.
Produkte met olie in laat jou onwillekeurig aan die geoliede mans van die sestigerjare dink en daarom is baie bruide skepties om sulke produkte te gebruik. Maar hierdie produkte van Marc Anthony is in ’n hele ander klas en beslis die moeite werd. Jy wil tog met jou haartooisel pronk op jou troudag! Probeer gerus die volgende:
OIL OF MOROCCO-SJAMPOE
Die produk bevat nie sulfaat nie, daarom reinig dit jou hare sonder om dit soos grassies te laat lyk. Dit bevat die geheime Marokkaanse kombinasie van druiwepit- en Argan olie waarby keratien gevoeg is. Jou hare word dus versterk en dit tem sommer ook daardie wilde krulle.
OIL OF MOROCCO-OPKNAPPER
Gebruik dit saam met die sjampoe vir sysagte lokke. Dit bevat ook nie sulfaat nie, penetreer en voed die hare en help om jou kleur te beskerm.
OIL OF MOROCCO-TREATMENT
Hierdie is een van die wonderlikste produkte om op jou hare te gebruik. Die kombinasie van olyf-en Argan olie laat jou hare soos ’n Hollywood-ster s’n voel. Jy hoef net ’n paar druppels deur jou klam hare te vryf en dan stileer jy dit soos normaalweg. Jy kan ook ’n paar ekstra druppels opsit en daarmee slaap. Dit los nie merke op jou kussing nie.
OIL OF MOROCCO-DEEP HYDRATING TREATMENT
Hierdie is ’n fantastiese toevoeging tot jou tuisspa-roetine! Terwyl jy allerhande voedende maskers op jou gesig smeer, jou lyf afskilfer en groen tee drink, kan jy jou hare met hierdie oulike behandeling bederf. Gebruik dit na jou sjampoe en los dit vir ’n paar minute in voor jy spoel.
WEN!
Een gelukkige lesers kan ’n Oil of Morocco-geskenkpak, ter waarde van R500, wen. Al wat jy hoef te doen is om hierdie inskrywing op Facebook te LIKE en SHARE, asook Marc Anthony se blad te gaan like op Facebook.
Artikel: Yolande van Deventer