Dit is amper Kersfees en Troukoors en Askari Game Lodge & Spa wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.
Welkom by 12 dae van Kersfees! Troukoors, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.
Vandag se weggee is van Askari Game Lodge & Spa.
As jy inskryf, kan jy die volgende geskenke wen:
Sondagaandverbly vir twee mense wat deel in ’n luukse kamer, aandete en ontbyt ingesluitd; en ’n uurlange spa-sessie per persoon.
Askari Game Lodge & Spa is op die Plumari Africa-natuurreservaat in die Magaliesburg- / Hekpoort-area, net meer as ’n uur van Johannesburg of Pretoria af, geleë en bied aan gaste ’n onvergeetlike Groot 5-ervaring in ’n malariavrye gebied. Hulle is in die Magaliesburg- / Hekpoort-area geleë, so maak seker jy is in die omgewing voordat jy inskryf. Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting.
SKRYF SO IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE ASKARI GAME LODGE & SPA SE FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.
TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosie share, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal elke dag om 17:00 gekies en aangekondig word op Troukoors en die betrokke diensverskaffer se sosiale media-platvorms. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.