Dit is amper Kersfees en Troukoors en Bernice Fisher Photography wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.
Welkom by 12 dae van Kersfees! Troukoors, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.
Vandag se weggee is van Bernice Fisher Photography.
As jy inskryf, kan jy die volgende geskenke wen:
’n Gratis verlowingsfotosessie + 30 uitgedrukte foto’s.
Bernice work gekenmerk deur haar skoon, eenvoudige, egte asook kreatiewe fototegniek! Sy is in die Pretoria, so maak seker jy is in hierdie area voordat jy inskryf. Besoek gerus haar webblad vir meer inligting.
SO SKRYF JY IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE Bernice Fisher Photography se FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.
TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosie share, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal op Troukoors se sosiale media-platvorms aangekondig word. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.