Dit is amper Kersfees en Troukoors en Minke du Plesses Professional Hair & Make-up Artist wil lesers graag bederf met ’n heerlike geskenk. Lees verder om te sien hoe jy kan inskryf en wen.
Welkom by 12 dae van Kersfees! TROUKOOS, in samewerking met ons gunstelingdiensverskaffers, wil graag julle – ons getroue lesers – bederf vir Kersfees met 12 dae se gratis geskenke op ons blog en sosiale media.
Vandag se weggee is van Minke du Plesses Professional Hair & Make-up Artist.
As jy inskryf, kan jy die volgende geskenk wen:
1 x Grimering en hare vir ’n spesiale geleentheid
* Onderhewig aan beskikbaarheid van afsprake. Slegs weeksdae en eindig Desember 2016
Minke raak opgewonde om ander se natuurlike skoonheid uit te bring, sy is mal oor grimering en hare en jy kan dit duidelik in haar uitstekende werk sien. Sy is in die Kaap geleë, so maak seker jy is in die area voordat jy inskryf. Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting.
SKRYF SO IN
LIKE hierdie post op Facebook, SHARE dit met jou vriende, LIKE MINKE DU PLESSIS se FACEBOOK-BLAD en LEWER ONDERAAN KOMMENTAAR oor hoekom jy hierdie geskenk moet wen.
TERME EN VOORWAARDES
Die wenners van elke geskenk sal deur middel van ’n trekking gekies word en die keuse is finaal. Familielede van Troukoors en die betrokke diensverskaffer mag die weggee-promosie share, maar sal nie gekies word as wenners nie. Die wenners sal elke dag om 17:00 gekies en aangekondig word op Troukoors en die betrokke diensverskaffer se sosiale media-platvorms. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om te reageer met sy / haar e-posadres, waarna ons ’n e-pos sal stuur aan die diensverskaffer sal stuur. As die wenner nie binne een week reageer nie, verbeur hy/sy die geskenk en sal daar ’n nuwe wenner gekies word. Omdat dit so naby aan die einde van die jaar is, sal die geskenke eers in Januarie 2016 gepos word deur die diensverskaffer.