ADAM is ’n baie gewilde groep en hulle liefdesliedjies word byna op elke troue en in talle flieks gebruik. Een gelukkige leser kan ’n CD-geskenkpak van hierdie groep wen. Lees verder om uit te vind hoe.
In die fliek Pad na jou Hart beskryf ADAM hulself as ’n “Pop-rock fusion van Guns ’n Roses”, wat dan as “boyband” bestempel word, maar hierdie talentvolle trio kan nie regtig maklik in ’n kategorie vasgevang word nie, alhoewel hulle styl hoofsaaklik pop is word dit dikwels vermeng met elemente van country en folk en onlangs het hulle ook met Daniel Baron kragte saamgespan vir ’n hele nuwe kontemporêre klank.
Van dag een af, is die groep se musiek baie goed deur Suid-Afrikaanse gehore ontvang en hulle albums, Vir jou Gemaak en Goud het onlangs albei goud-status bereik.
Die groep bestaan uit Reynardt Hugo, wat ook bekend is as Binneland se Dr Tertius Jonker op die kassie; Hugo Ludik, ’n talentvolle Namibiese liedjieskrywer-sanger en Stefan Ludik van Elvis se Seun se boetie en verhoogakteur, Kyle Grant wat vir Joe Foster in die oorspronklike groep vervang het.
Hulle het verlede jaar ook besluit om die Engelse mark te betree en het kragte saamgespan met Daniel Baron (’n talentvolle sanger en voormalige Idols-deelnemer). Die eerste treffer, Say what you want, van die album Young and Wild is baie goed ontvang en het goed gevaar op iTunes.
Vir meer inligting, besoek ADAM se webblad.
WEN!
Een gelukkige lesers staan ’n kans om ’n ADAM CD-geskenkpak te wen. Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om die inskrywing te LIKE en SHARE en ook ADAM en Daniel Baron se Facebook-blaaie te gaan LIKE.