Vadersdag is om die draai en daar is min geskenke wat so duursaam is soos iets uit egte leer. Eden&Co gaan twee gelukkige pa’s bederf met ’n hoë gehalte geskenk. Al wat jy moet doen om ’n kans te staan om vir jou pa ’n geskenk van jou keuse te wen, is om die maklike stappe hieronder te volg. Lees gerus verder om te sien hoe jy kan wen…
————————————————————————————
Tom Cruise het gesê “Ek sal nooit die oomblik toe ek ’n pa geword het, vergeet nie. Dit is moeilik om dit te beskryf. Die verantwoordelikheid, die begeerte om vreugde te verskaf. En dan die duidelikheid: Niks sal ooit weer so belangrik wees nie” en Bill Cosby het saamgestem: “Niks wat ek al ooit gedoen het, het vir my meer vreugde en beloning verskaf soos om ’n pa vir my kinders te wees nie.”
Vir enige vader is die geboorte van sy kind definitief een van die belangrikste gebeurtenisse in sy lewe. Soos wat die jare aanstap neem ons ons vaders as vanselfsprekend, aanvaar ons dat hulle vir altyd daar sal wees om leiding en raad te gee. Ons vergeet so gereeld om dankie te sê vir al die opofferings, al die laat ure se werk om jou skool en universiteitsgelde te kon betaal, al die kere wat hulle raad gegee het wanneer jyself nie meer raad gehad het nie, al die oomblikke wat hulle trots op jou was vir die kleinste goedjies. Kom ons onthou hierdie Vadersdag weer opnuut dat ons gelukkig is om iemand groots te hê waarna ons kan opkyk.
By Eden&Co deel ons graag in groot en spesiale oomblikke en daarom het ons besluit om jou te help om hierdie Vadersdag vir jou pa te wys hoe spesiaal hy is. Om die lekker van Vadersdag ’n bietjie uit te rek en jou pa werklik te verras, sal ons aan twee gelukkige pa’s elkeen ’n handgemaakte leer-item laat aflewer. Ons sal dit boonop mooi verpak en met die boodskap van jou keuse GRATIS by sy deur laat aflewer! Al wat jy hoef te doen is om die maklike stappe te volg en vir hierdie kompetisie in te skryf!
Wat hierdie geskenke perfek maak, is dat dit, as dit mooi opgepas word, selfs ’n erfstuk kan word. Leer is een van daardie rare materiale wat met ouderdom en gebruik net mooier raak totdat elke item naderhand sy eie storie vertel met elke merkie en krappie. Leer is boonop stylvol en klassiek en was letterlik nog nooit uit die mode uit nie. Hieronder het ons ’n paar van ons gunsteling geskenk-idees bymekaargesit.
Handgemaakte leergordel: Een van Eden&Co se gewildste items is gewis ons leergordels. Elke gordel word handgemaak van vegetable tanned leer, wat alombekend is as een van die sterkste tipes leer op die mark. Nie net sal dit enige uitrusting opkikker nie, dit is ook ’n uiters praktiese geskenk. Enige pa sal jare se gebruik hieruit kry!
Leerstrikdas: Wat ’n unieke manier om ’n bietjie die koppe te laat draai! Strikdasse het aan die begin van die 19de eeu hulle verskyning in die modewêreld gemaak, en teen die middel van 1880 was dit reeds ’n moet-hê-mode-item in elke modebewuste man se klerekas. Dit is aanvanklik na formele geleenthede gedra, maar vandag is strikdasse (gelukkig!) veelsydig en kan dit na byna enige geleentheid gedra word. Dit is boonop stééds groot mode en ’n handgemaakte leerstrikdas sal gewis enige plek aandag trek!
Leerkruisbande: Is jou pa iemand met styl en ’n sin vir die klassieke? Eden&Co se leerkruisbande word 100% handgemaak en is uiters gewild. Dit is perfek vir elke geleentheid – van spesiale kantoorfunksies tot troues. Dit is ook ideaal vir die pa wat nie lief is vir ’n gordel nie en sommer elke dag hierdie ouwêreldse sjarme wil geniet! Elke paar kruisbande word pasgemaak, sodat dit perfek pas.
’n Leerhouertjie vir sy tablet: Eden&Co se leerjassie sal enige tablet bly maak hierdie winter. En boonop, wat is meer stylvol as om ’n handgemaakte tablet-houer by enige vergadering uit jou tas te haal? Jou pa sal beslis aandag trek met hierdie stylvolle sake-bykomstigheid!
Duffelbag: Die nuutste toevoeging tot ons versameling, en definitief een waaroor ons almal baie opgewonde is! Hierdie duursame leersak sal vir elke pa jare se vreugde bring en sal weens sy klassieke ontwerp beslis nie sommer uit die mode raak nie. Dit is die perfekte grootte vir ’n besigheidsweek, of selfs ’n vinnige oorsese reis. Daar is ook twee ritssakkies aan die kante, wat die sak baie gebruikersvriendelik maak. En die beste deel? Hierdie sak is unisex, wat beteken jy kan dit ook soms gaps vir ’n vinnige vakansietjie… Hierdie sak laat beslis die koppe draai!
WEN!
Eden&Co sal jou graag help om jou pa te verras – al wat jy moet doen om ’n kans te staan om vir jou pa ’n geskenk van jou keuse te wen, is om die maklike stappe hieronder te volg. Indien jy wen, sal jy kan kies uit 1) ’n Handgemaakte leerstrikdas 2) Handgemaakte tabletsakkie en 3) Handgemaakte leergordel. Ons help graag om vir jou pa te wys dat hy vir jou belangrik is!
* Like ons Facebook-blad sodat jy ook van toekomstige kompetisies op hoogte gehou kan word.
* Lewer kommentaar met jou e-posadres sodat ons jou kan laat weet as JOU pa die gelukkige wenner is!
* Deel die inskrywing met jou vriende.
* Hou al twee jou duime styf vas!
** Ons beslissings is finaal en geskenke kan nie vir kontant of ander items omgeruil word nie. Indien jy die tablet-sakkie kies, moet jy asseblief laat weet vir watter tipe tablet dit is. Die geskenke sal teen die 28ste Junie gestuur word. Die geskenke sal met Postnet versend word na die adres wat jy verskaf. **
Baie dankie aan Nina Buys van Verv Productions en Estvan Vermeulen vir die mooi foto’s!